Van liefdesbesluite tot familiedrama en selfs ’n tragiese voorval – die Boskruin-gemeenskap se lewens gaan nooit weer dieselfde wees ná vandeesmaand in Diepe Waters nie.
Henry en Lettie is in die sewende hemel met ’n groot droom wat bewaarheid is, maar dan moet hulle die realiteit in die gesig staar en vinnig planne maak.
Karla is verward oor haar gevoelens en moet moeilike besluite neem oor haar toekoms met Arno.

Sanet doen uiteindelik iets wat lankal in haar hart reg voel… Maar dan spring Fourie haar (net betyds) voor!
Die maand neem ’n donkerder wending wanneer ’n tragedie almal skok. Sal die waarheid uitkom? Wat gaan die nagevolge daarvan wees?
Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.







