Menu terloops
In Sepies [28 Mei 2026]

Van ‘Die Toring’ tot Gemoedsdrif: Adrian Steyn sluit by ‘Skemergrond’ aan


Adrian Steyn, wat tans as Ryan Peterson in ‘Die Toring’ te sien is, het vandeesweek ook tot die wêreld van ‘Skemergrond’ op kykNET & kie toegetree.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Van ‘Die Toring’ tot Gemoedsdrif: Adrian Steyn sluit by ‘Skemergrond’ aan

Skemergrond verwelkom ’n nuwe gesig – en dié gesig is een wat kykNET-kykers reeds goed ken.

Adrian Steyn vertolk die rol van die geheimsinnige Zander Conradie, en Adrian hou sy kaarte naby aan die bors wanneer hy oor dié karakter uitgevra word. “Hy’s ‘n boer,” sê hy. “En ’n boer maak ’n plan.”

Hy verklap wel dat Zander nie jou alledaagse plattelandse karakter is nie. Hy is terselfdertyd ’n boer én prokureur, ’n kombinasie wat Adrian “nogals interessant” noem, en beskryf Zander as passievol, dapper en vol integriteit.

Teenoor Zander staan Adrian se karakter in Die Toring, Ryan Peterson. Volgens Adrian het sy vertolking van Ryan heelwat meer navorsing geverg het. “Ryan was moeiliker om aan te pak omdat hy homself in ’n hoë risiko, hoë beloning-omgewing bevind wat ek moes leer ken.”

Adrian Steyn, Skemergrond, Die Toring
Adrian Steyn as Ryan Peterson in Die Toring. Foto’s: Skermgrepe/Verskaf

Bloeitydperk

Vir Adrian is dié tydperk een van die grootste seëninge van sy loopbaan: “Alhoewel die twee reekse nou gelyktydig uitsaai, het ek gelukkig reeds omtrent twee maande voor Skemergrond met Die Toring klaar gemaak,” vertel hy. “Anders sou dit rof gewees het. Ek ervaar hierdie hele tydperk niks anders as seëninge nie. Alle eer aan die Here dat ek nie net werk het nie, maar ook die geleentheid gekry het om twee uiteenlopende karakters kort ná mekaar aan te pak.”

Elke stel bring sy eie atmosfeer saam, en hy geniet dit om dié nuanses raak te sien. By Die Toring het die verskeidenheid buitelugopnames telkens ’n vars energie op die stel gebring en ’n besondere indruk op hom gelaat. By Skemergrond is dit weer ’n ander wêreld. “Elke produksie het sy eie uniekheid, maar wat ek die meeste geniet, is die mense met wie ek werk,” sê hy.

Adrian Steyn, Skemergrond
Adrian Steyn vertolk die rol van die geheimsinnige Zander Conradie in Skemergrond.

‘Ek onderskat nooit wat moontlik is nie’

Dit is ook nie die eerste keer dat Adrian terselfdertyd in twee reekse verskyn nie. Kykers onthou hom moontlik nog uit sy tyd op 7de Laan en Nikiwe, wat ook gelyktydig geskiet én uitgesaai is. Tog bly die ervaring vir hom besonders: “Ek onderskat nooit wat moontlik is nie,” sê hy. Kykers sal Adrian ook herken uit reekse soos Getroud met Rugby en Wyfie.

Tussen die harde werk deur was daar ook ligte oomblikke – soos toe Adrian sy 30ste verjaarsdag op die stel van Die Toring gevier het. “Alhoewel ek die hele dag gewerk het, het hulle dit baie spesiaal gemaak.”

Vir Adrian is die belangrikste dat kykers die stories geniet. “Geniet die shows en onthou… dis net ’n storie,” sê hy laggend.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies