Menu terloops
In Wat om te kyk [6 Okt 2021]

Die Hof


Advokaat Suzie Gordon is aan die stuur van sake in die werklikheidsreeks ‘Die Hof’ op DStv.

Kyk nou

Die Hof
Kyk lokprent

Die reeks is nou geen Judge Judy nie, maar ’n mens sukkel om die kanaal te verander wanneer die bure hul vuil wasgoed in die Hof vir Klein Eise met Omo probeer toegooi en adv. Suzie Gordon haar oë op skrefies trek. 

Die funksie van Suid-Afrika se Hof vir Klein Eise is om geskille onder die waarde van R20 000 te besleg. Daar is geen prokureurs nie – die betrokke partye stel self hul saak, lê bewyse voor en kan selfs getuies roep. In plaas van ’n regter of landdros, weeg ’n arbiter die gegewe inligting op. In dié kykNET & Kie-reeks tree Gordon as die arbiter op, en al is die hofsaal ook ’n televisiestel in ’n ateljee, is dit werklike sake wat voorgelê word en Gordon se bevindinge is regsbindend. 

Gordon, ’n voormalige speurder en forensiese kenner, het min geduld vir beledigings en leuens in haar televisiehof. By tye is sy amper soos ’n geirriteerde juffrou wat vir die hoeveelste keer vir die klas oor hul bedenklike verskonings vir hul onvoltooide huiswerk moet berispe. 

Die Hof, “waar klein eise groot drama veroorsaak” is eksklusief aan kykNET & Kie op DStv en ook op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies