Menu terloops
In Leefstyl & Aktueel [2 Jul 2026]

Bennie Fourie en sy broers is terug met nuwe seisoen van ‘Die Broer Toer’


Die TV-skepper Bennie Fourie en sy broers is eersdaags terug op die kassie met ’n nuwe seisoen van ‘Die Broer Toer’.

Deur Redaksie
Bennie Fourie en sy broers is terug met nuwe seisoen van ‘Die Broer Toer’

Die Fourie-broers, Bennie, Reynold en Wilbrie, is vasbeslote om die Karoo plat te ry in die nuwe seisoen van Die Broer Toer, en dié keer verruil hulle hul motorfietse vir klassieke ou motors.

’n Mediaverklaring lui: “Die Broer Toer is ’n viering van avontuur, komedie, nostalgie en die pure kuns om jouself in die moeilikheid in te bestuur.”

Wat kan kykers verwag?

Oor die loop van tien episodes gaan kykers saam op ’n reis vol kinkels, meedoënlose kompetisie en egte Karoo-gasvryheid. 

Die nuwe roete neem die broers na asemrowende plekke, uitdagende bergpasse en oorstroomde riviere, met die uiteindelike eindbestemming in die magiese Tankwa-Karoo. Met elke kilometer wag daar nuwe uitdagings, onverwagte karprobleme, twyfelagtige navigasie-besluite en die soort kompetisie tussen sibbe wat gewoonlik eindig met iemand wat sê: “Ek het mos vir jou gesê…” 

Hoe loop die roete?

Die reis skop af met onverwagte reën wat gou groot moeilikheid in die gewoonlik droë Karoo bring. Ná die vloede is die broers gelukkig weer op die pad, waar hulle terugkyk op alles wat sedert die laaste toer gebeur het. Maar nostalgie moet wag wanneer die eerste strawwe van die seisoen uitgedeel word.

Die Broer Toer
Foto’s: Verskaf/Skermgrepe

Soos die reis dieper die binneland in beweeg, pak die broers een van hul grootste uitdagings nóg aan wanneer hulle met hul klassieke voertuie die Baviaanskloof invaar. Bennie se motor gee egter reeds voor die pas moeilikheid… Ná die Baviaanskloof sit hulle hul reis deur die Oos-Kaap voort. Daar duik nuwe uitdagings op soos die kilometers verbyrol, en die kompetisie tussen die broers al hoe meer intens raak.

In Cradock verruil die broers tydelik hul klassieke motors vir perde en trek die veld in vir ’n jagtog om hul vaardighede behoorlik op die proef te stel. Die toer gaan daarna voort na Graaff-Reinet vir ’n unieke Markdag-uitdaging. 

Die pad lei die broers verder na Elandsrus en die uitgestrekte Fraserburg-vliegveld. Op pad na Sutherland begin die einde van die toer uiteindelik in sig kom. Herinneringe word gedeel, ou geskille word uitgeklaar en die stryd om die uiteindelike spogregte raak strawwer as ooit. 

Die laaste deel van die reis neem die broers eindelik die Tankwa in. Omring deur asemrowende landskappe kyk hulle terug op ’n onvergeetlike avontuur.


Die Broer Toer begin Saterdag 4 Julie 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer
Sien alle opsies