Menu terloops

Deadloch S1

Op Ander [Gepubliseer op 2 Jun 2023]


‘Deadloch’ is gelyke dele lig en donker met ’n moordraaisel wat met humor vertel word.

Deadloch S1

Dié misdaadkomedie Deadloch bestaan uit agt episodes, en is deur Kate McCartney en Kate McLennan geskep.

Die twee Kate’s se storie speel af in ’n klein kusdorpie in Australië, Deadloch. Dis ’n rustige dorpie waar nie veel gebeur nie. Wel, minstens totdat ’n plaaslike inwoner dood op die strand gevind word. Twee speurders begin dan die saak ondersoek.

Daar’s die plaaslike sersant, Dulcie Collins, en dan ’n senior ondersoekbeampte, Eddie Redcliffe, wat van Darwin ingebring word. ’n Oorywerige junior konstabel, Abby, is ook heeltemal te opgewonde om met die ondersoek te help. 

FILMINK meen die reeks is ’n moet-sien vir diegene wat ’n goeie raaisel geniet en Aussie humorsin waardeer.


Vanaf Vrydag, 2 Junie 2023, op Amazon Prime Video.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies