Menu terloops

Cold Blood: The Murder Cases of Mike Bolhuis

Op DStv [Gepubliseer op 11 Mei 2023]


‘Cold Blood: The Violent Crime Cases of Mike Bolhuis’ volg Bolhuis se ondersoek na die onopgeloste moord op ’n ma van drie.

Cold Blood: The Murder Cases of Mike Bolhuis

M-Net se nuwe driedelige dokumentêre reeks gee ’n aangrypende, agter-die-skerms-blik op Suid-Afrika se beroemdste privaatspeurder, Mike Bolhuis, se ondersoek na die wrede moord op ’n ma van drie. Die aanbieder en TV-skepper Rian van Heerden se vervaardigingsmaatskappy, Provoco (Sex in Afrikaans)lei hierdie vertelling. 

Dele van Botes se liggaam is in 2021 in die Vaalrivier gevind, enkele dae nadat sy as vermis aangemeld is. Maar twee jaar ná Yolandi se dood is haar moordenaars steeds nie gevind nie.

Die episodes van Cold Blood: The Violent Crime Cases of Mike Bolhuis volg Bolhuis se meedoënlose soeke na antwoorde in dié onopgeloste, hartverskeurende saak.


Weeklikse episodes vanaf Donderdag, 11 Mei 2023, om 22:00 op M-Net (DStv-kanaal 101 en DStv Online). Ook op DStv Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies