Menu terloops

Cheer S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 10 Jan 2022]


Die Emmy-bekroonde reeks, “Cheer”, keer terug tot die kassie met ’n tweede seisoen vol drama, skandes en fel kompetisie.

Cheer S1-2
Kyk lokprent

Dié Emmy-bekroonde trefferreeks se tweede seisoen begin met alles op die spel.

Terwyl Texas se Navarro College Cheer sy kampioenskapskroon midde verskeie uitdagings probeer verdedig.

Seisoen 2 draai deels om die buzz wat rondom Navarro Cheer ontstaan het ná die span se oorwinning by die NCA & NDA Collegiate National Championship in Daytona, Florida in 2019.

Buiten die impak van die media-aandag op die span, is daar die Covid-19-pandemie wat die sportseisoen omvergooi en een van die spanmaats wat van seksuele misdrywe beskuldig word. Teen hierdie dramatiese agtergrond, brei die storie se fokus uit om oor die loop van die seisoen se nege episodes ook Navarro se felste mededinger, Trinity Valley Community College, onder die vergrootglas te plaas soos albei spanne hulle vir die 2021-kampioenskap beywer.

Kyk ook na dié sport-dokkies op Showmax:

Kyk nou Cheer se eerste en tweede seisoen op Netflix.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies