Menu terloops
In Gons [15 Aug 2025]

‘Boer soek ’n vrou’ se gewilde Evert se liefde kan só ‘gekoop’ word


Die gewildste boer in vanjaar se seisoen van kykNET se maatsoekreeks, ‘Boer soek ’n Vrou’, is die lenige Evert (38) van Limpopo, wat die meeste briewe van potensiële pasmaats ontvang het. Terloops het vir Evert met ’n paar vrae gepeper om meer oor die man agter die glimlag uit te vind.

‘Boer soek ’n vrou’ se gewilde Evert se liefde kan só ‘gekoop’ word

Boer soek ’n vrou se Evert is ’n makadamia-, sitrus- en wildboer. Sy plaas se ligging in Tshipise in Limpopo, wat ’n klipgooi van Zimbabwe se grens is, het glad nie dames afgeskrik nie en só het hy toe die meeste briewe van die boere in die 17de seisoen van dié reeks ontvang. Evert beantwoord ’n paar van ons vrae. 

Was jy verbaas toe jy gehoor het dat jy die meeste briewe gekry het?

“Ja, baie! Dis nogal oorweldigend. En ek het elke liewe een so baie waardeer.”

Dit is seker oorweldigend om deur al daardie briewe te gaan. Was daar spesifieke boodskappe of eienskappe waarvoor jy in die briewe uitgekyk het?

“Ek dink enige mens in hierdie situasie begin altyd met sekere eienskappe waarvoor jy op die uitkyk is. Die waarheid is egter dat elke brief wat ek ontvang het, afkomstig was van ’n unieke persoon. Elke brief moet op eie meriete en waarde gelees en benader word.”

Is daar iets wat vir jou uitgestaan het met die moeite wat ’n potensiële pasmaat met ’n pakkie gedoen het?

“My liefde kan gekoop word… met snacks! Daarom was dit vir my werklik so ’n groot plesier om elke boks wat met soveel sorg aan my gestuur is, oop te maak.”

Evert Boer soek n vrou
Evert is ’n makadamia-, sitrus- en wildboer. Foto’s: Gys Loubser

Dit sit nie in enige boer se broek om vir Boer soek ’n vrou in te skryf nie. Wat het jou laat besluit om in te skryf?

“⁠My familie – meer spesifiek my susters – het my ingeskryf. Ek moet ook erken, ek was glad nie teen die idee gekant nie. Ek meen, wat’s die ergste wat kan gebeur? Ek ontmoet die vrou van my drome, of ek loop weg met ’n lekker storie om te vertel.”

Om ’n TV se produksiespan op jou plaas te hê, is ook nie ’n alledaagse gebeurtenis vir ’n boer nie. Hoe was die ervaring vir jou?

“Die hele span was ongelooflik – vriendelik, verwelkomend en rustig. Dit was ’n groot plesier om hulle almal hier op die plaas te hê.  ⁠Ek’s ongelooflik dankbaar vir alles wat die vervaardigers doen en hoe hulle dit aanpak. Dit maak die wêreld sommer net ’n bietjie beter plek.”

Hoe voel dit vir jou om jouself nou op TV te sien?

“⁠Dis werklikwaar ’n eienaardige ervaring, en genade, ek het die grootste respek vir diegene wat dit voltyds doen. Wat die produksiespan betref: hulle het regtig uit hul pad gegaan om elkeen van die boere wat ingeskryf het, op hul gemak te stel. Daar was nie eens plek vir ’n tikkie angstigheid nie.

2025 se vyf topboere is:

  • Evert (38), makadamia-, sitrus- en wildboer van Tshipise, Limpopo
  • Rudi (47), toerisme en wildboer van Beestekraal, Noordwes
  • Rudi H (56), boerbokboer van Windsorton, Noord-Kaap
  • Pieter (29), skaapboer van Richmond, Noord-Kaap
  • Willie (26), makadamia- en wildboer van Badplaas, Mpumalanga

Inskrywings nou ook oop vir seisoen 18 van Boer soek ’n Vrou

KykNET soek nou ongetroude boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat reg is om ’n liefdesreis saam met Boer soek ’n vrou aan te pak.

Só kan boere inskryf:

  • Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai;
  • Bel: 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com

Boer soek ’n vrou S17 word vanaf 7 Augustus 2025 oudergewoonte op Donderdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Nuwe episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. Kyk ook Boer soek ’n vrou S14-S16 op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies