Menu terloops
In Recaps [6 Aug 2026]

‘Boer soek ’n vrou’ S18: Tyd vir die blitsafsprake – wie bly en wie ry?


Tien afsprake, net vyf plekke: Só het die boere ná ‘Boer soek ’n vrou’ se blitsafsprake gekies.

Deur Annelene Oberholzer
‘Boer soek ’n vrou’ S18: Tyd vir die blitsafsprake – wie bly en wie ry?

Vyf minute is nie lank om ’n eerste indruk te maak nie. Tog was dit al die tyd wat die deelnemers in die afgelope episode van kykNET se Boer soek ’n vrou-maatsoekreeks gehad het om die top-5 boere se aandag te trek.

Die blitsafsprake het by die Swartberg-hotel in Prins Albert plaasgevind, waar elke boer met 10 voorafgekose deelnemers gesels het. Teen die einde van die ontmoetings moes elkeen die groep tot vyf verklein vir ’n volgende afspraak.

Boer soek 'n vrou
Die vyf boere saam met aanbieder Reandi Grey. Foto’s: Skermgrepe

Aanbieder Reandi Grey het gesê daar was ’n “tasbare opgewondenheid” in die Karoo-lug.

Een deelnemer het die senuwees op ’n meer plaaslike manier saamgevat: Sy het nie “vlinders” in haar maag nie, het sy gesê, maar eerder “tarentale”.

Toe die kort gesprekke verby was, het die groot besluit gevolg: watter vyf deelnemers kry ’n volgende afspraak?

Boer soek 'n vrou
Die blitsafsprake het by die Swartberg-hotel in Prins Albert plaasgevind waar elke boer met 10 voorafgekose deelnemers gesels het.

Die boere se keuses

Arno (28), bosbouboer, Tzaneen (Limpopo)

  • Dinda
  • Hermien
  • Joanè
  • Mariska
  • Rosanne

Francois (34), natuurbewaarder, Hoedspruit (Mpumalanga)

  • Alicia
  • Beniska
  • Danelle
  • Sonel K
  • Tina

Jack (30), appel- en peerboer, Hermanus (Wes-Kaap) 

  • Anri
  • Carina
  • Dominique
  • Hanli
  • Lené

JD (28), gemengde boerdery, Reitz (Vrystaat)

  • Arina
  • Janke
  • Kayla
  • Lara
  • Leoné

Willie (37), bees- en mielieboer, Harrismith (Vrystaat)

  • Amori
  • Kelly
  • Lezelle
  • Madelé
  • Tayla

Boer soek ’n vrou word Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies