Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Oct 2025]

‘Boer soek ’n vrou’: Gaan die mooiste, mooiste maand dalk die hartseerste maand vir sommige pasmaats wees?


Daar’s hope drama in ‘Boer soek ’n vrou’ in Oktober met dié seisoen van die reeks wat stadig maar seker tot ’n einde kom. Daar’s ’n hele paar skokke oor tasse wat gepak en hoopvolle harte wat verpletter word. Hier is die inside scoop van wat om dop te hou…

‘Boer soek ’n vrou’: Gaan die mooiste, mooiste maand dalk die hartseerste maand vir sommige pasmaats wees?

Hier is ’n paar goed waarvoor Boer soek ’n vrou-kykers in vandeesmaand se episodes moet uitkyk…

1

Is dit trouklokkies of waarskuwingsklokkies wat klingel? (Donderdag 2 Oktober)

Een van die boere het beslis ’n sterk gut feeling oor een van sy twee pasmaats, maar meer as dit wou hy nie kwytraak nie. En op ’n ander plaas het daar ’n salige kalmte neergedaal ná die skerp naels en sydelingse opmerkings tot ’n einde gekom het met een van die gaste se vertrek van die plaas. Maar kan dit dalk net die stilte voor die storm wees?

Alleentyd met die boere het ook ’n paar interessante wendings opgelewer. Daar’s reguit gepraat en verbeel ons dit, of hoor een van die kuiergaste reeds trouklokkies? Maar wees versigtig, planne kan in die wiele gery word . . . 

2

’n Skokkende oproep . . . (Donderdag 9 Oktober)

Twee van die boere se pasmaats word betrek by gemeenskapstake en hulle leer ook nuwe handvaardighede aan. Daar word weer tyd ingeruim vir alleentyd met die pasmaats en dit raak al hoe duideliker dat gevoelens onder die pasmaats beslis bestaan. Maar gaan dit wederkerig wees? 

Toe ontvang Reandi ’n oproep wat byna alles soos ’n handomkeer verander het op een van die plase. Een pasmaat voel verlig en die ander een verheug. 

Die laaste dag het op dié twee boere se plase aangebreek – en iemand se hart word gebreek. Maar, keer sy, dis nie vir haar eie onthalwe nie. Dis omdat sy 100% oortuig is dat die boer ’n groot flater begaan het. En die woord “obsessie” word geuiter.

3

Trane uit verskeie oorde ná nog tasse gepak moet word (Donderdag 16 Oktober)

Die oorblywende drie boere se pasmaats het ook tyd met Reandi spandeer tydens heerlike avonture waaronder ontmoetings met mishandelde sjimpansees, die bou van uilskuilings en ’n uitstappie diep onder in ’n goudmyn in Barberton se wêreld. 

Maar die spanning het begin oplaai – want die laaste dag het aangebreek, die einste dag waarop die boere op drie plase ook hul keuses bekend moet maak. Die groot vraag is natuurlik of die kykers met die boere se keuses, asook hul rede vir hul keuses, vrede gaan maak. Want tot dusver is daar reeds sterk verdeeldheid oor van die keuses wat reeds gemaak is.

4

Die skoen is nou aan die ander voet (Donderdag 23 Oktober)

Die vyf boere se familie en vriende het reeds met hul pasmaats kennis gemaak. Noudat almal een pasmaat gekies het om langer te bly, is dit natuurlik ook net reg dat die boere deur dieselfde vuurdoop moet gaan – want dis tyd om die potensiële skoonfamilies van nader te leer ken. Daar gaan fyn uitgekyk word en met spitsende ore geluister word na wat gesê word en wat gesystap word. As sake verloop soos die boere en hul pasmaats voor wens mag daar dalk meer as een gelukkige einde in hierdie reeks wees.

5

Dis vakansietyd! (Donderdag 30 Oktober)

Nee, alla mapstieks, vir eers is dit nou genoeg van kennis maak met vreemdelinge en deurentyd op die tone te wees. Die boere en hul pasmaats het ’n blaaskans nodig weg van alles en almal – wat familie en vriende en selfs die plaas insluit. Vakansies kom natuurlik ook met ’n ongenooide tas of twee vol drama. Gaan hierdie wegbreek dalk van die verhoudings maak of breek?

6

Die reünie (Donderdag 6 November)

Alle goeie dinge kom ook tot ’n einde en hierdie is die laaste episode van die 17de reeks van kykNET se gewilde maatsoekreeks wat tot nou toe vir talle boere en hul pasmaats liefde en geluk gebring het. 

Ja, daar was tot dusver natuurlik ook ’n skeutjie hartseer vir sommige van die deelnemers deur die jare, maar soos Reandi in die 12de episode van die reeks gesê het: “Om ’n kans op liefde te waag is altyd die moeite werd. Maar dit verg dapperheid, deursettingsvermoë en selfkennis. Elke hart wat liefde gevind het, is soos ’n kosbare stukkie goud wat ons moet bewaar. Liefde is nie vanselfsprekend nie. Dis ’n voorreg.”

Vir oulaas kom die boere byeen en dis tyd om uit te vind wie die voorreg van die liefde ervaar het en wie se lewens ingrypend (ten goede natuurlik!) verander het.


Boer soek ’n vrou S17 saai uit op Donderdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Nuwe episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. Kyk ook Boer soek ’n vrou S14-S16 op Showmax.

Lees al ons Boer soek ’n vrou-stories.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies