Menu terloops

Blue Lights S1

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Des 2023]


‘The Guardian’ het ‘Blue Lights’ as een van die beste reekse van die jaar bestempel.

Blue Lights S1
Kyk lokprent

Blue Lights, wat in Belfast in Noord-Ierland afspeel, volg drie rookie-polisiebeamptes wat hulself in ’n stryd teen bendes, geheime agente, die gemeenskap, en selfs hul eie polisiedepartement vind soos hulle die laaste twee maande hul proeftydperk probeer oorleef. 

Die BBC-reeks se rolverdeling sluit Sian Brooke (GuiltGood Omens), nuwelinge Katherine Devlin en Nathan Braniff, asook Martin McCann (Last Sentinel), Richard Dormer (Game of Thrones), Valene Kane (Gangs of LondonThe Winter King) en Andi Osho (I May Destroy You) in.

The Guardian het Blue Lights as een van die beste reekse van die jaar bestempel, met The Daily Telegraph wat ook vir die reeks ’n vyfster-resensie gegee het. 

Vanaf Maandag, 11 Desember 2023, op Showmax.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies