Menu terloops
In Sepies [28 Apr 2025]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Mei 2025


Willem plaas vir Uys in ’n haas onmoontlike posisie, terwyl Uys als in sy vermoë doen om sy vriendskap met Nicolette te red. Lees ons handige kykgids vir ’n voorsmakie van wat jy in Mei op ‘Binnelanders’ kan verwag.

Stroom 'Binnelanders'

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Mei 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.

Donderdag, 1 Mei

Nicolette besluit om in te tree en ’n vriend te probeer help. Annetjie kom tot ’n skokbesef oor iets wat At aangaan, en Bonnie misinterpreteer ’n gesprek en dink die partye is in ernstige konflik betrokke. 

Vrydag, 2 Mei

Bonnie is nuuskierig oor Cecile en Conrad se betrokkenheid by mekaar. Uys is ontsteld oor Nicolette se persepsie van Willem, en At druk op Uys se knoppie rakende sy pa se ondersoek.

Maandag, 5 Mei

Willem kry opdrag van sy baas om die ondersoek te laat vaar. Joe en Fiona lê hul planne aan die raad voor, en Conrad besef hy en At het dalk ’n paar swakhede in gemeen.

Dinsdag, 6 Mei

Uys is geskok wanneer hy sien wie in die ongevalle-eenheid beland. Joe besef Fiona stel in meer as net vriendskap belang, en Cecile is al meer seker oor ’n ‘verhouding’.

Woensdag, 7 Mei

Joe besluit genoeg is genoeg. Willem rig ’n veroek aan Nicolette, en Ella konfronteer Conrad oor Cecile. Uys is bekommerd oor sy vriendskap met Nicolette. 

Donderdag, 8 Mei

Willem plaas Uys in ’n moeilike posisie, en Conrad besef Cecile het hom verkeerd verstaan. Fiona kry ’n duidelike boodskap van Joe af, en sekere toetsuitslae lei tot spanning. 

Vrydag, 9 Mei

Die dag van die groot operasie breek aan! Nicolette is opgewonde, maar steeds woedend vir Uys. Amor vra vrae oor Cecile en Naledi raak agterdogtig. 

Maandag, 12 Mei

Joe en Jess besluit gesamentlik dit is beter as Joe uittrek. Amor maak ’n voorstel aan Cecile, en Bonnie vertrou nie die vrede nie. Uys weet nie wat om met die inligting oor sy pa se ondersoek te doen nie.

Dinsdag, 13 Mei          

Annetjie is gespanne oor wat sy ontdek het, en Nicolette kry ’n vreemde boodskap van Ciska af. Delia vind uit van ’n besluit wat Conrad sonder haar medewete geneem het, en Joe speel oop kaarte met Fiona. 

Woensdag, 14 Mei

Joe voel al meer skuldig omdat hy so afsydig is teenoor Fiona. Annetjie blameer haarself vir die drama by Thusanang, en Uys probeer hard om sy vriendskap met Nicolette te red. 

Donderdag 15 Mei

Fiona en Joe besluit om ’n kans op die liefde te waag, Delia en Conrad is haaks met mekaar, Uys moet afskeid neem, en Naomi lê ’n paar huisreëls neer. 

Vrydag, 16 Mei

Cecile besef haar oorplasing was Conrad se idee, Tracy besluit Ella is oorwerk en het afleiding nodig, en Uys is verbaas wanneer hy vir Rudolf raakloop. 

Maandag, 19 Mei

Cecile het ’n skelm agenda, At voer ’n besluit deur wat van die ander raadslede dwars in die krop steek, en Joe maak asof hy nie weet hoekom Jess vreemd rondom Nicolette optree nie. 

Dinsdag, 20 Mei

Delia hoor van ’n raadsbesluit, maar daar is iets wat haar pla. ’n E-pos van Conrad lek uit en die bestuur moet bontstaan om die situasie op te los. Ella en Tracy gaan op ’n inkopie-uitstappie. 

Woensdag, 21 Mei

Binneland-aandele skep spanning in Conrad en Delia se verhouding, Uys vermoed Rudolf steek iets weg, en Tertius stel ’n pasiënt se lewe in gevaar.

Donderdag, 22 Mei

Daar is probleme met Ongevalle se rekenaarsisteem en Tertius blameer Delia daarvoor. Joe en Uys is in die moeilikheid, Rudolf speel oop kaarte met Uys, en Tiaan voer iets in die mou.

Vrydag, 23 Mei

Ongevalle se rekenaarsisteem is deur kuberkrakers aangeval, Uys beland in nóg meer moeilikheid by Nicolette, en Ella se nuutgevonde lewenslus maak dinge by die werk ongemaklik vir Henry.

Maandag 26 Mei

Ongevalle is in chaos gedompel, maar At weier om tot die kuberkrakers se eise in te gee. Henry is bekommerd oor sy reputasie, en Ella roep Bonnie se hulp in. Conrad moet Cecile om verskoning vra. 

Dinsdag, 27 Mei

Dit wil voorkom asof die vyand in Binneland se midde is. Henry het sy hande vol met Ella, en Nicolette kan haarself nie keer om voorskriftelik oor ander se lewens te wees nie.

Woensdag, 28 Mei

Delia word gedwing om ’n moeilike besluit oor Ongevalle te neem. Ella dra die gevolge van ’n harde kuier die vorige aand, en Nicolette is oorgehaal om Rudolf te help. Thalia wonder hoekom LJ al minder van hom laat hoor.

Donderdag, 29 Mei

Delia bespreek Ongevalle se stand van sake met die aandeelhouers en At sit sy voet neer. Nicolette voel magteloos om haar broer te help, en Ella is ontsteld ná ’n oproep van LJ.

Vrydag, 30 Mei

Rudolf sien lig aan die einde van die tonnel, Ella raak emosioneel oor ’n pasiënt, en Delia neem ’n baie moeilike besluit wanneer ’n pasiënt sterf. 


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-13 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies