Menu terloops

Better Call Saul S6

Op DStv [Gepubliseer op 5 Sep 2022]


Die sesde, en laaste, seisoen van die bekroonde Breaking Bad–spin-off, ‘Better Call Saul’, se punt van 99% op Rotten Tomatoes is beduidend van wat uit die staanspoor duidelik was: Dié vertelling is haas onverbeterlik.

Kyk nou

Better Call Saul S6
Kyk lokprent

As die swendelaar Jimmy McGill, óftewel sy alterego, die prokureur Saul Goodman, het Bob Odenkirk in beide Breaking Bad en Better Call Saul meesterlike vertolkings gelewer. Dit wil gedoen wees om sy Saul van ’n sekondêre karakter (in Breaking Bad) na ’n hoofkarakter (in Better Call Saul) te neem. Dit verg ’n diepe begrip van ’n karakter se wese, se menswees, om ’n vertolking as’t ware ongedaan te maak, van voor af te begin, en dan sal selfs iets beter te skep. Waar Jimmy se alterego reeds as Saul gevestig was toe ons hom in Breaking Bad ontmoet het, is Better Call Saul die verhaal van hoe hy in dié prokureur wat misdadigers loskry verander het. 

Met die aanvang van die sesde seisoen, tel ons op waar die vyfde aflewering afgesluit het. Die eerste nege episodes speel in 2004 af – vier jaar voordat Jimmy McGill/Saul Goodman uiteindelik vir Walter White (Bryan Cranston) en Jesse Pinkman (Aaron Paul) in die eerste seisoen van Breaking Bad sou ontmoet. Dis dan hier waar die tydlyne van die twee reekse mekaar ontmoet en kruis. Die laaste lot episodes van die reeks speel in 2010 af. Dís weer ná die gebeure van Breaking Bad, met Saul wat weer ’n nuwe identiteit aangeneem het en as Gene Takavic van die gereg wegkruip.

Ook in die rolverdeling is onder andere Rhea Seehorn, Tony Dalton, Giancarlo Esposito en Jonathan Banks.

Vanaf 5 September om 22:00 op Me (DStv-kanaal 115), DStv Online en Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers maak haar merk 

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies