Menu terloops

Based on a True Story S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 3 Des 2024]


Die Los Angeles Times het ‘Based on a True Story’, geskep deur Jason Bateman (Ozark) en Craig Rosenberg (The Boys), bestempel as ’n “skreeusnaakse aanklag teen die publiek se beheptheid met morbiede misdaad”. Kyk albei seisoene op Showmax.

Stroom op Showmax

Based on a True Story S1-2

Kaley Cuoco (The Flight Attendant) en Chris Messina (Sharp Objects) is ’n prettige duo in Based on a True Story. Dié donker komedie skeer die gek met Amerika (en die res van die wêreld) se beheptheid met true crime

Die tweede seisoen van Based on a True Story begin sowat drie maande ná Ava (Cuoco) en Nathan Bartlett (Messina) se babatjie gebore is.

Ava probeer hard om nét op ma-wees en haar gesin te fokus, maar haar obsessie met ware misdaad eet aan haar… Dít terwyl geliewe Nathan (Chris Messina, The Mindy Project) private tennislesse gee. Maar dis nie lank nie of ’n nuwe rits moorde laat haar oë rek… Is reeksmoordenaar Matt (Tom Bateman) ook vir dié bloedspoor verantwoordelik? 

Kritici én gehore is vol lof vir die tweede seisoen met The Fiction Department wat dit as die “sweet centre of dark comedy” beskryf. 

Dis voluit (donker) pret.


Albei seisoene van die reeks is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies