Menu terloops

Bad Behaviour S1

Op Showmax [Gepubliseer op 21 Jul 2023]


Dié Australiese reeks ‘Bad Behaviour’ is “uiters vaardig om die terloopse wreedheid van hoërskool vas te vang” lui ‘The Guardian’ se resensie. Die vierdelige reeks is nou op Showmax.

Kyk nou

Bad Behaviour S1
Kyk lokprent

Bad Behaviour is ’n Australiese reeks wat draai om Joanna Mackenzie (Jana McKinnon), ’n beursstudent aan ’n eksklusiewe wilderniskosskool, Silver Creek.

Daar ontmoet sy ’n groep tienermeisies, en terwyl daar vriendskappe gevorm word, is daar ook toetse vir lojaliteit, seksuele verkenning en daai allerverskriklike magstryd wat mos te gereeld onder ’n lot meisies ontstaan…

Die queen bee-boelie is Portia (Markella Kavenagh) en dan is daar die kwesbare musiekstudent, Alice (Yerin Ha). Die studente word oorwegend aan hul eie genade oorgelaat en tienerbrutaliteit vier hoogty in die digte boswêreld van Victoria.

Die storie ontvou in twee tydlyne, met terugflitse oor ’n tydperk van tien jaar wat die vertelling van ekstra dimensie voorsien. 

In die hede is Alice nou ’n wêreldbekende tjellospeler en sy kom weer in kontak met Portia. Maar Alice besef dat sy ná tien jaar nog steeds net na Portia se aanvaarding soek.

Bad Behaviour is gegrond op Rebecca Starford se gelyknamige 2015-memoir. Sy het self eerstehandse ervaring opgedoen met afgryslike boelies op kosskool. Sy was 14 jaar oud toe sy vir ’n jaar lank na die skool in die bos gestuur is saam met 16 ander meisies.

Kitsfeit

Jana McKinnon (24) het eers laat in die oudisieproses opgeduik. Alison Telford het We Children From Bahnhof Zoo gekyk en besef sy is hul Joanna. Toevallig was Jana op besoek in Queensland en sy het haar oudisietoets aan die span gestuur.


Vanaf Vrydag, 21 Julie 2023, op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies