Menu terloops

Avenue 5 S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 26 Sep 2023]


Dit raak nou warm op agt weke lange reis wat tot drie jaar gerek het. Hulle beweeg al hoe nader aan die son . . .

Stroom aanlyn

Avenue 5 S1-2
Kyk lokprent

Avenue 5 draai om die beleërde bemanning, en bedorwe toeriste aan boord ’n  ruimtevaartskip wat van koers gegooi word. Só word wat ’n agt weke lange reis om Saturnus moes wees in ’n drie jaar lange tog terug na die aarde. 

Die reeks is geskep deur die Oscar-benoemde en Emmy-wenner Armando Iannucci (Veep). Die bekroonde akteur Hugh Laurie (House en Veep) is voor in die koor as Clark en speel teenoor akteurs soos Josh Gad en Zach Woods (The Office). 

Met die aanvang van die tweede seisoen, is Avenue 5 op koers om té up close and personal met die son te raak… Intussen weet die passasiers steeds nie van hul aangepaste ETA nie. 

Die tweede seisoen het ’n punt van 89% op Rotten Tomatoes met Decider wat die komedie se “maniese belaglikheid”, asook die “stroom grappies wat teen ongeveer die spoed van lig geslinger word” prys. 


Kyk Avenue 5 se tweede seisoen vanaf 25 September 2023 op Showmax. Die eerste seisoen is ook reeds op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies