Menu terloops

American Primeval S1

Op Netflix [Gepubliseer op 9 Jan 2025]


‘American Primeval’ is ’n onbeskaamde blik op die bloederige Amerikaanse Weste in die 1850’s.

American Primeval S1

Netflix se nuwe Western-reeks, American Primeval, wys ’n woeste, wrede en wilde Amerikaanse Weste in 1857. ’n Heel ander aanslag as Yellowstone en sy spin-offs. Dié reeks, bestaande uit ses episodes, se regie is deur een van my gunsteling-skeppers, Peter Berg (Friday Night Lights), met die draaiboek deur die The Revenant se Mark L. Smit. Onder die rolverdeling tel Taylor Kitsch (Painkiller, True Detective, Friday Night Lights) en Betty Gilpin (GLOW, Gaslit, Mrs. Davis). 

Gilpin vertolk Sara, ’n ma wat saam met haar jong seun haar man probeer opspoor. Maar die tog is verraderlik en bloedbedrup – vrou-alleen gaan sy dit nie maak nie. Maar dan kruis hul paaie met Isaac (Kitsch) wat onderneem om hulle veilig te hou soos hulle die Wilde Weste deurkruis. 

“Op sy beste is American Primeval ’n rou, bloederige avontuur wat jou skedel sal deurboor soos ’n byl wat in jou gesig geslinger is,” lui Empire Magazine se lof vir die reeks.


Vanaf Donderdag, 9 Januarie 2025, op Netflix beskikbaar om te stroom.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies