Netflix se nuwe Western-reeks, American Primeval, wys ’n woeste, wrede en wilde Amerikaanse Weste in 1857. ’n Heel ander aanslag as Yellowstone en sy spin-offs. Dié reeks, bestaande uit ses episodes, se regie is deur een van my gunsteling-skeppers, Peter Berg (Friday Night Lights), met die draaiboek deur die The Revenant se Mark L. Smit. Onder die rolverdeling tel Taylor Kitsch (Painkiller, True Detective, Friday Night Lights) en Betty Gilpin (GLOW, Gaslit, Mrs. Davis).
Gilpin vertolk Sara, ’n ma wat saam met haar jong seun haar man probeer opspoor. Maar die tog is verraderlik en bloedbedrup – vrou-alleen gaan sy dit nie maak nie. Maar dan kruis hul paaie met Isaac (Kitsch) wat onderneem om hulle veilig te hou soos hulle die Wilde Weste deurkruis.
“Op sy beste is American Primeval ’n rou, bloederige avontuur wat jou skedel sal deurboor soos ’n byl wat in jou gesig geslinger is,” lui Empire Magazine se lof vir die reeks.
Vanaf Donderdag, 9 Januarie 2025, op Netflix beskikbaar om te stroom.
Kry Netflix met DStv
DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →