Menu terloops

Alles Malan S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 21 Sep 2021]


Alles Malan is ’n familiedrama wat in die Paarl buite Kaapstad afspeel.

Kyk nou

Alles Malan S1-2
Kyk lokprent

Alles Malan, vervaardig deur Red Letter Day Pictures, begin as ’n tipiese coming-home verhaal as Frik, sy vrou, Tessa, hul tienerdogter en aangenome seun uit Engeland na tuisbodem in die Paarl terugkeer. Dis nie ’n…sal ons sê…maklike aanpassing vir enigiemand nie.

Frik moet die gesin se vervoeronderneming, waar sy jonger broer, Nico, ook werk, by sy pa oorneem. Nico droom steeds van ’n rugbyloopbaan (heel onrealisties, ongelukkig) en gaan al jare met die plaaslike hoërskool se drama-onderwyser, Lee-Anne uit, maar van ’n ring is daar nie sprake nie. Lee-Anne is ’n liefdevolle mens-mens, maar sukkel om haar eie stem te vind en is geneig om ander se behoeftes bo haar eie te stel. Tessa is ’n prokureur, maar haar toekomsplanne is onseker ná die trek. Dit terwyl Tessa en Frik se dogter Elani’n geheim wegsteek en hul seun, Freek, sukkel om sy plek in die wêreld te vind.

Alles Malan is geskoei op die realiteite van die alledaags: elke gesin het hul geheime, kry swaar en kan lekker baklei, maar dis deel van wat die lewe die moeite werd maak.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies