Menu terloops

The Umbrella Academy S1-3

Op Netflix [Gepubliseer op 22 Jun 2022]


Die derde seisoen van ‘The Umbrella Academy’ is nuut op Netflix.

The Umbrella Academy S1-3
Kyk lokprent

The Umbrella Academy is ’n eksentrieke reeks met ’n wrang humorsin. Hopelik bou die derde seisoen voort op die fyn balans tussen aksie en die karakters se emosionele ontwikkeling in die vertelling.

The Umbrella Academy is gegrond op die gelyknamige comics deur Gerard Way en geïllustreer deur Gabriel Bá. Die storie speel af in ’n alternatiewe realiteit waarin 43 vroue van reg oor die wêreld op 1 Oktober 1989 geboorte skenk. Die kinkel? Nie een van dié vroue het enige tekens van swangerskap getoon tot die oomblik wat hulle – nogal gelyktydig ook nog – begin kraam het nie.

’n Aweregse miljardêr, Sir Reginald Hargreeves, neem dan sewe van dié babas aan. Dié lot word dan ’n tipe “superheld-gesin” soos hul spesiale magte ontwikkel en hul opleiding as deel van Hargreeves se Umbrella Academy ontvang. Hargreeves gee egter nie eens vir die kinders name nie. Dis hul robot-ma, Grace, wat ses van die kinders later as Luther, Diego, Allison, Klaus, Ben en Vanya doop. (Kind 5 het maar net Five gebly…) Die verhoudings tussen die “sibbe” is deur die bank kompleks en morsig. Dinge raak net meer ingewikkeld as hulle uitvind die einde van die wêreld is op hande. Hulle het geen ander opsie as om kragte saam te span nie.

Die rolverdeling sluit in: Emmy Raver-Lampman as Allison Hargreeves, Elliot Page as Vanya, Tom Hopper as Luther Hargreeves, Aidan Gallagher as Five, David Castañeda as Diego Hargreeves en Robert Sheehan as Klaus Hargreeves.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies