Tien boere, ’n nuwe aanbieder en die moontlikheid van ’n liefde wat ’n leeftyd hou: Boer soek ’n vrou se 19de seisoen begin met ’n uitnodiging aan voornemende pasmaats om die eerste tree te gee.
Vir AD (24), ’n wildplaasbestuurder van Middelburg in Mpumalanga, is dit ’n kans om iemand spesiaal te ontmoet met wie hy die lewe se avonture én uitdagings kan deel.
Dié spontane, avontuurlustige ekstrovert geniet die plaaslewe, die natuur en tyd saam met sy geliefdes. Familie, lojaliteit en goeie verhoudings lê hom na aan die hart. Hy is positief, doelgerig en hardwerkend, maar maak ook tyd vir kuier en lag.
Sy ideale maat is liefdevol, lojaal en avontuurlustig, met goeie waardes, ’n mooi hart en ’n sin vir humor.
As lojaliteit, lekker lag en ’n lewe vol avontuur jou ook na aan die hart lê, skryf vir AD en vertel hom van jouself. Jul storie kan dalk met daardie eerste brief begin.

Skryf só in
- Besoek www.kyknet.tv.
- Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
- Stuur ’n e-pos na: boer@wolflightsa.com
- Stuur ’n brief of pakkie na Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.
- Voornemende pasmaats kan tot middernag op 27 November 2026 vir die boere skryf.







