Menu terloops
In Fokus [30 Oct 2026]

‘Boer soek ’n vrou’ soek weer wyd en suid na liefde vir tien boere


Tien boere uit sewe provinsies waag ’n kans op liefde in ‘Boer soek ’n vrou’ se 19de seisoen. Met Kate Roothman as nuwe aanbieder word voornemende pasmaats genooi om die eerste tree na ’n moontlike lewenslange liefde te gee.

‘Boer soek ’n vrou’ soek weer wyd en suid na liefde vir tien boere

Tien boere, ’n nuwe aanbieder en die moontlikheid van ’n liefde wat ’n leeftyd hou: Boer soek ’n vrou se 19de seisoen begin met ’n uitnodiging aan voornemende pasmaats om die eerste tree te gee.

Kate Roothman het pas die leisels as aanbieder van dié gewilde kykNET-maatsoekreeks oorgeneem. Terwyl sy haar gereed maak om die boere op hul liefdesreise te vergesel, kry voornemende pasmaats nou die kans om deel van die volgende hoofstuk te word.

Vanjaar se boere is tussen 24 en 56 jaar oud en kom uit sewe provinsies – van ’n forelboer in Dullstroom en ’n tafeldruifboer in Worcester tot ’n beesboer in Groot Marico. Elkeen van hulle het sy eie storie, drome en redes om ’n kans op liefde te waag.

Party hoop om iemand te ontmoet wat die vreugdes en uitdagings van die plaaslewe verstaan. Ander is ná ’n lang tyd weer gereed om hul harte oop te maak. Wat hulle almal gemeen het, is die begeerte om iemand te vind met wie hulle ’n toekoms kan bou.

AD (24) – wildplaasbestuurder (Middelburg, Mpumalanga)

Adam (24) – wildboer (Swartruggens, Noordwes)

Christiaan (27) – gemengde boerdery (Clocolan, Vrystaat)

Dean (56) – bees-, sitrus- en byeboer (Pretoria, Gauteng)

Dirk (39) – beesboer (Groot Marico, Noordwes)

Joos (24) – gemengde boerdery (Bothaville, Vrystaat)

Niel (27) – tafeldruifboer (Worcester, Wes-Kaap)

Paul (42) – gemengde boerdery (Prieska, Noord-Kaap)

Pieter (38) – skaap- en saaiboer (Laingsburg, Wes-Kaap)

Reuben (25) – forelboer (Dullstroom, Mpumalanga)

Nuttige inligting vir belangstellendes:

  • Besoek www.kyknet.tv.
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
  • Stuur ’n e-pos na: boer@wolflightsa.com
  • Stuur ’n brief of pakkie na Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Voornemende pasmaats kan tot middernag op 27 November 2026 vir die boere skryf.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies