Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.
Donderdag 1 Oktober 2026
Gihan is opgewonde om Gys te ontmoet. Die winkelsentrum ontvang gevaarlike besoekers. Karla se houding ontstel Jacques.
Maandag 5 Oktober 2026
Rene is bekommerd oor Liam homself druk. Karla kry ‘tough love’ van Sanet. Zelda word deur twee manne besoek.
Dinsdag 6 Oktober 2026
’n Voorval in die kêffie ruk die hele gemeenskap. Natalie is ontevrede oor die gehalte van Karla se werk in Skinvestment. Leandri en Rene sit vas oor Marco.
Woensdag 7 Oktober 2026
Liam sukkel om kop bo water te hou ná nóg ’n terugslag. ’n Onverwagse aankoms by die Swarts-erf wek emosies by Gys. Gihan word onder druk geplaas.
Donderdag 8 Oktober 2026
Rene begin wonder of Liam steeds op sy medikasie is. Gys is ingenome, en Karla probeer om die beste van haar werk by Skinvestment te maak.
Maandag 12 Oktober 2026
Liam maak amok by ’n perskonferensie. Karla skok Sanet met ’n aankondiging. Gys neem ’n groot besluit oor Aiden.
Dinsdag 13 Oktober 2026
Jacques vind uit Aiden het reeds ingetrek en is nie gelukkig nie. Sanet en Karla sit vas oor haar toekoms. Liam is skoonveld en Rene rasend van bekommernis.
Woensdag 14 Oktober 2026
Karla begin haar nuwe werk. Gys geniet sy tyd met Aiden. Dinge raak lelik tussen Marco en Liam.
Donderdag 15 Oktober 2026
Daar is groot onenigheid tussen Karla en Sanet oor sy by Bianca’s werk. Jacques is steeds ongemaklik oor Aiden se teenwoordigheid. Gihan maak ’n aanbod aan Zelda.
Maandag 19 Oktober 2026
Jacques wantrou Aiden steeds na die familie-ete. Liam vertrek na Hawaii. Juvan se nagtelike eskapades begin sy tol op Karla eis.
Dinsdag 20 Oktober 2026
Jacques sukkel om Aiden te aanvaar. Lettie se finansiële druk neem toe.Karla se poging om ’n nuwe lewe, weg van swem af te bou, lei na konflik.
Woensdag 21 Oktober 2026
Spanning tussen Karla en Katinka bereik ’n breekpunt. ’n Nuwe idee skiet wortel by Henry. Jacques konfronteer Aiden.
Donderdag 22 Oktober 2026
Gys en Jacques kruis swaarde oor Aiden. Lettie gee Karla perspektief. Lettie stel nie belang in Henry se voorstel nie.
Maandag 26 Oktober 2026
Jacques probeer die nuwe klub op koers hou. Karla worstel steeds met wie sy is. Henry jaag sy koswaentjie droom na, met alles wat hy het.
Dinsdag 27 Oktober 2026
Gihan spandeer tyd by die klub rond om Jacques en Tshepo se guns te wen. Dit irriteer Justus. Zelda neem ’n gewaagde besluit. Henry kry goeie nuus.
Woensdag 28 Oktober 2026
Gys besef die ware omvang van sy verliese. Henry se opwindende nuwe sakegeleentheid bring hom op ’n botsingskoers met Lettie, terwyl Zelda en Gihan se onderhandelinge al hoe meer ingewikkeld raak.
Donderdag 29 Oktober 2026
Gys en Jacques gee ’n tree vorentoe om hul gebroke verhouding te herstel. Henry wen uiteindelik Lettie se ondersteuning, en Zelda sluit ’n gevaarlike ooreenkoms.
Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.