Menu terloops
In Kykgidse [21 Sep 2026]

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Oktober 2026


Ruan maak ’n skokontdekking en iemand beland voor die kansel… Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Oktober 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Donderdag 1 Oktober 2026            

Jasmine wen vir Ragel met ’n kragtige monoloog oor. Amber konfronteer vir Genie. JP betrap vir Lily en Rynard saam.

Maandag 5 Oktober 2026                                                

Winnie is op die oorlogspad oor die einde van die toneelstuk. Ruan maak ’n skokontdekking. Jasmine sukkel om vat te kry aan haar dogters se donker plan met Christine.

Dinsdag 6 Oktober 2026                                        

Wayne betrap Manny terwyl hy weddenskappe op die toneelstuk reël. Ruan en Genie stamp lelik koppe. Lily en Hazel stress oor die video, terwyl Rynard flikkers gooi na Sonja.

Woensdag 7 Oktober 2026                                                  

Ragel berei voor om ’n gewaagde nuwe rigting te onthul. Christine staan tussen die lojaliteite van haar verlede en die toekoms wat sy vasbeslote is om vir haarself te bou.

Donderdag 8 Oktober 2026                      

Genie probeer ’n oplossing vind ná die rampspoedige afspraak met Lily. Jasmine is paniekerig oor die plan teen Christine. Ragel glo die spanning oor die toneelstuk is opgelos.

Maandag 12 Oktober 2026                                          

Rynard se oë dwaal. Genie konfronteer vir Ruan. Haylee is geskok wanneer sy uitvind wat Christine beplan. Wayne druk Jasmine en Winnie om die verlede in die gesig te staar.

Dinsdag 13 Oktober 2026                                          

Wayne en Ragel delf dieper in die oorsprong van Jasmine en Winnie se konflik. Ruan vertel ’n wit leuentjie wat groot nagevolge kan hê. Christine doen iets wat Rynard skok.

Woensdag 14 Oktober 2026                          

Ragel en Wayne stel ’n ultimatum aan Jasmine en Winnie. Rynard lig Lily in oor Christine se planne op hulle troudag. Lily probeer vir Amber bewys dat sy vir Genie bo Ruan gekies het.

Donderdag 15 Oktober 2026                            

Jasmine deel haar onsekerheid oor die plan, maar besluit om voort te gaan ná Rynard haar paai. Christine betrap vir Lily en Rynard op Onregsfontein.

Maandag 19 Oktober 2026                                    

Christine word dieper in Rynard se droomtoekoms ingetrek. Lily en Genie se verhouding skuif onverwags vinnig vorentoe. Spanning dreig om alles te ontspoor.

Dinsdag 20 Oktober 2026                      

Die Louw-susters vorder met hul plan teen Christine. Ruan skarrel om sy trots te beskerm. Haylee probeer Christine oortuig om nie na al Rynard se raad te luister nie.

Woensdag 21 Oktober 2026

Almal is op hete kole oor die braai. Jasmine jok vir Wayne, sy moet dringend uitvind presies wat vir Winnie pla. Christine maak ’n besluit oor die video.

Donderdag 22 Oktober 2026            

Winnie maak ’n skokkende onthulling oor haar en Jasmine se verlede. ’n Onskuldige gebaar deur Genie ruk die mat onder Lily en Ruan se voete uit. Christine neem ’n groot stap.

Maandag 26 Oktober 2026

Jasmine en Winnie deel die goeie nuus met Ragel. Sonja hoor ’n verdagte telefoongesprek af. Erica se plan ontrafel.

Dinsdag 27 Oktober 2026                      

Lily en Genie neem ’n groot besluit oor hul toekoms. Christine maak ’n vredesgebaar teenoor Jasmine. Hazel sien ’n intieme oomblik wat haar en Lily se plan kan vernietig.

Woensdag 28 Oktober 2026

Genie verlaat Gemoedsdrif met ’n gebroke hart. Christine stap vol hoop haar troue tegemoet. Soos skuldgevoelens opvlam en geheime begin lek, raak dit duidelik dat alles kan verander.

Donderdag 29 Oktober 2026            

Sonja besef wat Rynard se plan is. Sy stel hom voor ’n ultimatum. Die Louws is op hete kole oor Christine en Rynard se troudag.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies