Menu terloops
In Sepies [2 Sep 2026]

Morné Visser bring ’n nuwe karakter – en ’n paar geheime – na ‘Skemergrond’


Morné Visser, bekend vir sy rolle in ‘Summertide’, ‘Spooksoeker’, en ‘The Trek’, sluit by ‘Skemergrond’ aan.

Deur Redaksie
Morné Visser bring ’n nuwe karakter – en ’n paar geheime – na ‘Skemergrond’

Die akteur Morné Visser sluit by Skemergrond aan as Rynard Fuchs, ’n sakeman wat met Christine Atkins besigheid wil doen. 

Op die oog af is daar niks verdag aan die nuwe man in haar lewe nie, maar mettertyd begin dit duidelik word dat Rynard nie noodwendig alles sê wat hy dink nie. “Hy is eerlik wanneer hy moet wees en ongenadig in sy missie. Hy is ook tot die dood toe lojaal,” sê Morné oor sy karakter.

Morné se waarskuwing aan kykers laat baie ruimte vir spekulasie: “ ’n Slang moet sy vel elke nou en dan verloor. Dis nie sy skuld nie, dis om te oorleef.”

Aanvanklik skep Rynard die indruk van ’n man wat gewoond is om sy sin te kry. “Kykers gaan dink hy is ’n man wat vat wat hy wil. Later sal hulle sien, hy is onselfsugtig,” sê Morné.

Morne visser, Skemergrond
Met Rynard Fuchs (Morné Visser) se aankoms wag daar dus ’n nuwe sakevennoot vir Christine, maar kykers sal twee keer moet dink voordat hulle besluit wie Rynard werklik is. Foto’s: Skermgrepe

Maar of kykers hom kan vertrou, is ’n ander vraag. “Kan jy regtig iemand vertrou?” vra hy self.

Vir Morné is die rol ook nuwe terrein: “Ek het nog nooit ’n romantiese rol gespeel nie.”

Maar die moeilikste was om ’n karakter te vertolk wie se woorde en gedagtes nie noodwendig ooreenstem nie:“Dit was ’n uitdaging om iemand te speel wat die teenoorgestelde dink as wat hy sê.”

Wanneer dit kom by ’n spesifieke toneel of oomblik wat hom laat besef het hoe interessant Rynard gaan wees, hou Morné sy kaarte styf teen die bors en gee net ’n skalkse antwoord: “Ja, maar ’n man praat nie uit die slaapkamer nie.”

Die rol het hom selfs ’n onverwagse ontdekking oor homself laat maak: “As ek die regte snit klere dra, lyk ek nie te sleg nie,” skerts hy.

Morné sê sy ervaring op die Skemergrond-stel was uiters positief. “Dit is ’n wonderlike stel. Almal is baie ondersteunend en vriendelik. Die produksiespan is wêreldklas. Dis ’n ontspanne stel maar altyd gefokus.”


Skemergrond is Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Die reeks is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies