Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum was ’n viering van die talent van akteurs, TV-aanbieders en filmmakers in die Afrikaanse film- en televisiebedryf. Die akteur Ivan Abrahams en die komediegenie Willie Esterhuizen is ook vereer vir hul lewensbydrae tot die vermaaklikheidsbedryf. Die legendariese filmmaker Koos Roets het Saterdagoggend sy eerbewys by The Bay Hotel ontvang.
Hier is die volledige lys wenners:
Die wenners in die TV-kategorieë
- Beste hoofspeler in ’n komedie: Albert Pretorius (Flip) – Die Kantoor
- Beste byspeler in ’n komedie: Schalk Bezuidenhout (Tjaart) – Die Kantoor
- Beste byspeler in ’n telenovela of sepie: Gretchen Ramsden (Patty Paulsen) – Skemergrond
- Beste nuweling in ’n telenovela of sepie: Izette Blignaut (Petro) – Binnelanders
- Beste akteur in ’n telenovela of sepie: Germandt Geldenhuys (Louis) – Binnelanders
- Beste aktrise in ’n telenovela of sepie: Sandi Schultz (Zelda Joubert) – Diepe waters
- Beste akteur in ’n drama: Albert Pretorius (Gustaff Fouché) – Niggies
- Beste aktrise in ’n drama: Rolanda Marais (Adri Joubert) – Die nuusmakers
- Beste manlike byspeler in ’n drama: Ian Roberts (Jakkals) – Appels en tee
- Beste vroulike byspeler in ’n drama: Roeline Daneel (Maks Fouché) – Niggies
- Beste aanbieder in ’n leefstylprogram: Hannes van Wyk – Kwêla
- Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram: Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr
- Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram: Reandi Grey – Boer soek ’n vrou
- Beste aanbieder in ’n gesels- of aktualiteitsprogram: Rian van Heerden – Laataand by Rian
- Beste aanbieder in ’n dokumentêre program: Rian van Heerden – Schuster
- Beste ensemble-aanbiederspan: Hamilton Wessels, Rika Calitz, Breyton Paulse, Bakkies Botha, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Rikus de Beer, Tommy Dickson (Chef Vaatjie) – Toks en Tjops
Die wenners in die speelfilm-kategorieë:
- Beste vroulike byspeler: Nicole Holm – Landmyn
- Beste akteur: Ben Albertyn – Landmyn
- Beste aktrise: Anna-Mart van der Merwe – Landmyn
- Beste speelfilm: Landmyn
- Beste klankontwerp: Guy Steer – Al wat ek weet
- Beste oorspronklike klankbaan: Janine Neethling, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
- Beste grimering en haarstilering: Jolene Cilliers – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
- Beste kostuums: Sulet Meintjes – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
- Beste produksieontwerp: Rocco Pool – Al wat ek weet
- Beste redigering: Reghardt Botha – Landmyn
- Beste draaiboek: Nico Scheepers – Landmyn
- Beste kinematografie: Ebrahim Hajee – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
- Beste regie: Nico Scheepers – Landmyn
Die wenners in die kortfilm-kategorieë
- Beste draaiboek: Michelle le Roux – Twee persent
- Beste regie: Michelle le Roux en Heinrich Laubscher – Twee persent
- Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker: Michelle le Roux – Twee persent
- Beste kortfilm deur ’n gevestigde filmmaker: Wag ’n bietjie
- Beste akteur: Danny Ross – Wag ’n bietjie
- Beste aktrise: Lauren Joseph – ’n Poppy op die heuwel
- Beste kinematografie: Jason Haji-Joannou – Wag ’n bietjie
- Beste redigering : Heinrich Laubscher – Twee persent
Die wenners in die dokumentêr-kategorieë:
- Beste redigering: Anlerie Cilliers – Rooi van aard
- Beste regie: Mia Cilliers – Die grond onthou
- Beste dokumentêr: Die grond onthou
FEESGUNSTELING-WENNER:
- Al wat ek weet
Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV word op Sondag 23 Augustus om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.