Menu terloops
In TV [16 Jun 2026]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Koek’ se tweede seisoen


Die tweede seisoen van die bekroonde misdaadkomedie ‘Koek’ blyk die een wilde episode ná die ander te wees. Wolflight Films wys wat agter die skerms tydens verfilming gebeur het.

Deur Redaksie
Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Koek’ se tweede seisoen

“Die tweede seisoen van die bekroonde Afrikaanse misdaadkomedie Koek ontgin ’n wêreld van kontraste waarin meeslepende Machiavellisme soos room bo-op die morsige chaos van ’n vrou se alledaags geskep word,” skryf Rozanne Els in Terloops se resensie van dié reeks se tweede seisoen.

Nes die veelbekroonde eerste seisoen van Koek, wat lof van kykers en resensente én ’n Internasionale Emmy-benoeming ontvang het, is die tweede seisoen sover ’n wilde wipwarit van aksie, geweld en bloedvergieting.

Wanneer die storiedrade weer opgetel word, is Christelle (Cindy Swanepoel) in ’n stryd om haar lewe te herbou terwyl ’n lelike skeisaak aan die gang is.

Haar drome om haar mediese loopbaan te hervat en as enkelma vir haar dogter te sorg, lê egter aan skerwe. Dít terwyl haar eks (grotendeels) ongeskonde weggestap het nadat Christelle sy nier vir wraak geoes het. Nou dagvaar hy ook vir toesig van hul dogter, Stella (Izebella Louw). Hy is vasbeslote om Christelle van alles te ontneem.

Wanneer Adrian ’n skelm prokureur aanstel om die saak in sy guns te swaai, volg ’n reeks gebeure wat Christelle terug in die onderwêreld dwing.

Intussen blyk die voormalige bendebaas Moekie, vertolk deur Sandra Prinsloo, nou ’n brose bejaarde vrou en afgetree te wees… Maar wanneer Christelle weer om hulp aanklop, is die vet in die vuur. Moekie het duidelik nog nie haar aptyt vir luiperdpatrone, brandewyn en niere steel, verloor nie.

Die reeks is deur Wolflight Films vervaardig, met Eva du Preez, Christiaan Olwagen en Johannes Pieter Nel as mede-regisseurs. Olwagen het ook die draaiboek geskryf.

Kyk saam met Terloops na wat op die stel van dié dramareeks tussen tonele gebeur het. (Die foto’s is deur Wolflight Films verskaf.)

Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms
Koek S2, agter die skerms

Nuwe episodes van Koek S2 word weekliks op DStv Stream se Premium-, Compact Plus- en Compact-pakkette vrygestel. Alle DStv-intekenare met ’n aktiewe dekodeerder-intekening het gratis toegang tot DStv Stream, maar dis ook as ’n losstaande stroomdiens beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies