Menu terloops
In Realiteit & Speletjie [20 Apr 2026]

Gewilde internasionele speletjiesprogram kry ’n tuiste op kykNET


kykNET-kykers is mal oor ateljee-speletjiesprogramme en hulle kan nou uitsien na ’n Afrikaanse weergawe van die wêreldtreffer ‘The 1% Club’ en inskryf om deel te neem.

Deur Redaksie
Gewilde internasionele speletjiesprogram kry ’n tuiste op kykNET

kykNET het die Suid-Afrikaanse uitsaairegte van die internasionaal hoogaangeskrewe speletjiesprogram The 1% Club bekom en sal die eerste plaaslike weergawe daarvan, Die 1%-klub, in aan die einde van 2026 uitsaai.

Dié suksesvolle, oorspronklik Britse reeks is geskep en vervaardig deur Rapid Blue, wat deel van BBC Studios is. Die Afrikaanse weergawe volg die formaat van die oorspronklike reeks waarvan verwerkings ook ’n treffer in lande soos die VSA, Duitsland, Spanje, Frankryk en Australië was.

Die formaat is geskep deur Magnum Media en word versprei deur BBC Studios.

Hoe werk dit?

Die 1%-klub is nie jou gemiddelde speletjiesprogram nie. Dit is ’n kompetisie met ’n vinnige tempo waarin 100 deelnemers meeding in uitdagings wat intellek en logiese vermoëns toets.

Die speletjie begin maklik – met vrae wat 90% van deelnemers behoort te kan beantwoord – maar die moeilikheidsgraad styg vinnig en eindig in uitdagings wat slegs die top-1% van die bevolking waarskynlik sou kon oplos. Die formaat is ontwerp om ratse denke, kreatiwiteit en analitiese vaardighede te beloon, eerder as gememoriseerde feite of ’n breë algemene kennis.

Dié speletjie gaan wys of jy onder die top-75%, top-40%, top-10%, of – as jy deurdruk tot die einde – die elite top-1% van die land tel, volgens die programformaat se toetskriteria.

Elke deelnemer begin met R1 000. Spelers wat verkeerd antwoord, word uitgeskakel, en hul geld beland in die groeiende boerpot. Namate die speletjie vorder, moet die oorblywende spelers besluit of hulle met ’n deel van die prysgeld uit die stryd wil tree, of alles wil waag om te bewys dat hulle deel van die top-1% is.

Die 1%-klub is ’n opwindende kompetisie wat ’n kombinasie van strategie en breinkrag onder groot druk verg om sukses te behaal.

Hoe om in te skryf

Suid-Afrikaners van 18 jaar en ouer kan op die volgende manier inskryf:

Die reeks sal in Johannesburg verfilm word, en deelnemers moet hul eie vervoer reël.

In internasionale weergawes van The 1% Club het deelnemers bestaan uit almal van tieners tot pensionarisse, en van die grootste wenners was gewone mense wat eenvoudig anders gedink het. Die formaat is juis lof toegeswaai omdat dit so inklusief is en onkonvensionele intelligensie in die kollig plaas.

Die aanbieder van Die 1%-klub sal binnekort aangekondig word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies