Menu terloops
In Sepies [2 Apr 2026]

‘Skemergrond’ in April: Hartsake en donker waarhede bots


April bring nog senutergende spanning na Gemoedsdrif wanneer onverwagse herverskynings en donker geheime die dorp se inwoners dwing om moeilike keuses te maak in die telenovela ‘Skemergrond’.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

‘Skemergrond’ in April: Hartsake en donker waarhede bots

Verhoudings kom onder druk en ou wonde word weer oopgekrap – hou hierdie storielyne vandeesmaand in Skemergrond dop.

Ice se planne om te bly veroorsaak nuwe wrywing

Ice se terugkeer stuur skokgolwe deur die gemeenskap. Met sy voorneme om permanent in Gemoedsdrif te bly en moontlik by die Louws aan te sluit, begin die magsdinamika skuif. Sy pogings om Louis te betrek, bring lank verborge emosies na die oppervlak. ’n Verrassende belydenis vang Ragel onkant, terwyl Erica ’n nuwe ooreenkoms met Ice sluit.

Christine vasgevang in ’n gevaarlike spel

Intussen raak Christine by ’n gevaarlike speletjie betrokke wanneer sy kontak met Fabian maak en op die spoor van ’n ontstellende video kom. Wat as ’n poging begin om beheer oor die situasie te kry, verander vinnig in ’n riskante stryd om oorlewing. Saam met Fabian en Beeno begin sy roekelose planne beraam – insluitend ’n waaghalsige poging om ’n belangrike foon in die hande te kry.

Kirby soek antwoorde oor Tyler

Kirby se waaghalsige terugkeer na Gemoedsdrif laat nuwe vrae oor Tyler se geheimsinnige verdwyning ontstaan. ’n Verdagte lêer dryf haar om antwoorde te soek by mense wat dalk meer weet as wat hulle toegee. Terwyl sy probeer om Junior se vertroue te wen en stukkies van die waarheid by Patty en Ruan uit te pluis, word dit al duideliker dat Tyler se storie nog lank nie verby is nie.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies