Menu terloops
In Kykgidse [25 Mar 2026]

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir April 2026


Uys is bekommerd oor Nicolette se gesondheid en iets gebeur wat Elise se drome te verpletter. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Deur Redaksie

Kyk 'Binnelanders' op DStv Stream

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir April 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.

Woensdag 1 April 2026

Die vreugde van ’n hereniging word vertroebel deur die vermoede dat die volle waarheid nog verskuil word. Elise beraam ’n plan om Petro uit ’n penarie te kry, en rugstekery in Ongevalle loop uit op ‘n reuse-uitval. 

Donderdag 2 April 2026

Tertius vind uit van Tracy se afspraak, Petro wil ’n sekere borsspeld terughê, en Hannah is alles behalwe oukei. 

Vrydag 3 April 2026

Annetjie is op die oorlogspad, Ella voel al meer skuldig oor haar nuwe aanstelling, en Joe besluit hy is klaar met Elise se sessies. Tracy maak ’n moeilike bekentenis aan Tertius.

Maandag 6 April 2026

Alles keer weer terug na normaal in die Koster-huishouding, maar dan kom daar ’n oproep deur. Elise deel ’n laaste stukkie wysheid met Joe, en Tertius neem ’n finale besluit.

Dinsdag 7 April 2026

Thalia is onseker oor haar toekoms by Tonik, Rudolf arriveer met ontstellende nuus, en Annetjie probeer ’n plan beraam om ondersteuning vir haar en Noami by die werk te kry.

Woensdag 8 April 2026

Thalia is opgewonde wanneer sy uitvind LJ is terug in Pretoria, Louis hou van Annetjie se nuutste voorstel, en Rudolf verstaan nie hoekom Nicolette en Uys so hardkoppig is nie.

Donderdag 9 April 2026

Bonnie se planne loop skeef, Nicolette ervaar vreemde simptome, en Thalia konfronteer vir LJ. Tracy raak al meer bekommerd oor haar huwelik.

Vrydag 10 April 2026

Henry ontdek LJ se geheim en Ella is woedend, Bonnie word voor ’n moeilike keuse gestel, en Nicolette is steeds onseker oor wat haar makeer.

Maandag 13 April 2026

Ella probeer tot LJ deurdring, Nicolette glo, ten spyte van Uys se vermanings, dat haar probleem vanself sal verbeter, en Thalia is gereed vir groter uitdagings.

Dinsdag 14 April 2026

Uys wil Nicolette ondersteun, maar sy is bitter bang. Ella en Henry plaas druk op LJ om werk te soek, en Elise doen iets wat Bonnie in trane laat.

Woensdag 15 April 2026

Ella probeer tough love, maar dit het nie die gewenste uitwerking nie. Elise bied aan om Bonnie deur ’n persoonlike krisis te help, en Nicolette se eie vrese verhoed dat sy ’n familielid kan bystaan.

Donderdag 16 April 2026

Thalia moedig LJ aan om weer te begin skryf, Nicolette maak ’n afspraak by Hugo Vos, en Naomi vind uit waarmee Elise besig is.

Vrydag 17 April 2026

Annetjie is beïndruk met Elise se vordering, en Thalia probeer ’n versoening bemiddel. Alles raak te veel vir Nicolette en sy verloor beheer.

Maandag 20 April 2026

Rudolf se vrese oor Nicolette se gesondheid lei tot konflik met Uys, Naomi ontvang ’n ontstellende oproep vanaf die polisiestasie, en Elise neem inisiatief.

Dinsdag 21 April 2026 

LJ is op ’n donker plek en Thalia beveel hom aan om homself reg te ruk, Uys weet nie hoe om vir Nicolette te help nie, en Petro is bekommerd oor Bonnie.

Woensdag 22 April 2026

Bonnie is nie gereed om op haar en Elton se verhouding op te gee nie, LJ meld aan vir opleiding, en Nicolette begin die werklikheid in die gesig staar.

Donderdag 23 April 2026

Uys en Nicolette is in die sewende hemel, Thalia gaan vir ’n werksonderhoud, en Naomi is nie gaande oor Elise se projek nie en Annetjie sien dit raak.

Vrydag 24 April 2026

Uys is vasberade om uit te vind wat die oorspong van Nicolette se simptome is. Bonnie vind uit Binneland se bestuur wil haar help om ’n ‘droom’ te verwesenlik, en Thalia is uiteindelik eerlik met LJ.

Maandag 27 April 2026

Elise se drome word verpletter, LJ se ma spook steeds by hom, en Uys kry nuwe hoop deur ’n e-pos. Tracy voel Thalia het haar verraai.

Dinsdag 28 April 2026

Uys neem Nicolette onder kruisverhoor om ’n moontlike diagnose te toets, Joe ruik lont wanneer LJ sukkel om opdragte uit te voer, en Elise verras Tracy met haar insig.

Woensdag 29 April 2026

Nicolette skryf haar eksamen, maar kry slegte nuus. Dinge tussen Thalia en LJ is finaal verby, en Tertius keer terug Pretoria toe en vang Tracy onkant.

Donderdag 30 April 2026

LJ neem ’n drastiese besluit in ’n poging om sy lewe weer op koers te kry, Nicolette se loopbaan is in gedrang, en die atmosfeer tussen Tertius en Tracy is gespanne.


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies