Menu terloops
In Sepies [1 Feb 2026]

Sepievoorskou: Slim vang sy baas soos Zoë vir Nazeem!


Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (2 tot 6 Februarie) in ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ en ‘Skemergrond’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Slim vang sy baas soos Zoë vir Nazeem!

Een inwoner van Gemoedsdrift mag dalk die lig gesien het, maar sy aksies lei tot erge gevolge vir iemand anders. Spyt kom mos altyd te laat en nou sal hy met sy besluite moet saam lewe.

Dít terwyl Ruiterbosch se inwoners uiteindelik die ware kleure van die mense in hul gemeenskap sien. Maar alle dade bly nie so versteek soos wat mense dink nie…

En in Pretoria is sommer alles ’n raaisel! 

Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op die kassie uitspeel.

Skemergrond

Ek weet nie hoe Hazel (Carmen Maarman) haarself vir solank ingehou het nie. As Junior (Ayden October) my kind was, het ek hom al lankal uit die huis gegooi. Gelukkig (baie gelukkig!) vir hom is sy mense saggeaard.

Al wil hy dalk van die wolf-nonsens vergeet, het sy aksies nie net sy lewe beïnvloed nie, maar iemand anders se lewe ook. Doppies (Redione Stephens) is desperaat om sy seun te red, maar julle gaan nie glo waarmee die kind hierdie week besig is nie! Junior mag homself dalk gered het, maar gaan hy die rede wees hoekom een van Everlasting se kinders agter tralies opeindig? 

Almal is bekommerd en wil die ergste verhoed, maar soos hulle van een bose element probeer ontsnap, is daar nog onheil wat broei. Want as Drakkie (Tarique Kenny) nie opgesluit word nie, is Erica (Shimmy Isaacs) dalk volgende. Sy lewe mos tans in ’n nagmerrie van haar eie. En haar nagmerrie sal maak dat ek nooit weer vir enigiemand wil help nie. Ek dink Erica sal hierna beslis met my saamstem…

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Binnelanders

Speurder Annetjie (Lorraine Burger) is weer op haar pos en dit sorg vir groot sports en vermaak. Hoe het Bonnie (Antoinette) gedink sy gaan hiermee wegkom? 

Mens kan niks van Annetjie af wegsteek nie, daai vrou het ’n duisend oë in haar kop. Ten minste dink dié klomp vinnig op hul voete, want ek sou sommer dag een skuldig gelyk het. Terwyl Annetjie mense op hul tone hou, moet sy sommer ook by At (Hans Strydom) gaan inloer. 

Annetjie, Binnelanders, sepievoorskou
Wanneer gaan mense leer dat jy niks, maar niks, van Annetjie (Lorraine Burger) kan wegsteek nie?

At ontvang ’n kuiergas en ek weet nie wat meer skokkend is nie: die manier hoe At sy gas behandel het of die manier hoe hy deesdae lyk?At het my onmiddellik laat dink aan iemand op dag 39 van Survivor of iemand in ’n missing persons doccie. Sjoe!

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Suidooster 

Kaashifa (Jawaahier Petersen) se hart was nog altyd op die regte plek, maar sy weet ook nie wanneer om te stop nie. Die stukke van die Tristan-legkaart kom uiteindelik bymekaar hierdie week, maar gaan Angie (Char Carrie) betyds wakker skrik of gaan nog ’n Ruiterbosch-inwoner een van Tristan (Arno Greeff) se slagoffers word? Julle gaan dit nie wil misloop nie! My mond het oopgehang, maar ek love ’n lekker aksie-belaaide toneel. 

En nes slim sy baas in Gemoedsdrift gevang het, só ook werk die engele oortyd om die duiwels in Ruiterbosch te vang. Zoë (Lauren Joseph) sit twee en twee bymekaar en moet nou besluit of Nazeem (Irvine van der Merwe) ’n goeie Samaritaan is en of hy weer die pad byster geraak het. 

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies