Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.
Maandag 2 Februarie 2026
Junior doen sy bes om dinge reg te maak. Lily is bekommerd oor Amber se obsessie met Carol. Almal is geskok wanneer hulle uitvind wat Darren beplan.
Dinsdag 3 Februarie 2026
Junior tree na vore en dis nie ’n oomblik te vroeg nie. Erica en Ragel se vrese word waar. Amber maak ’n ontdekking wat ’n groot nadraai het.
Woensdag 4 Februarie 2026
Amber praat met Lily oor haar vrese, terwyl Lily vir Ruan om verskoning vra dat sy oorreageer het. Junior vra ook verskoning vir sy gedrag. Meryl krap vir Ragel en Erica om.
Donderdag 5 Februarie 2026
Junior doen alles in sy vermoë om Louis se vergifnis te wen. Ruan het ’n moeilike onderhoud met Winnie. Erica en Meryl stamp koppe.
Maandag 9 Februarie 2026
JP verras Junior, Louis en Amber met ’n opwindende nuwe taak op die plaas. Wayne probeer weer Erica se hart terugwen. Ná nog ’n teleurstelling in sy saak, kry Ruan ’n bietjie hoop.
Dinsdag 10 Februarie 2026
Erica worstel met Wayne se verklaring. Ruan vertrek Kaapstad toe om vir Vlek op te spoor. Meryl bedank by die Bistro.
Woensdag 11 Februarie 2026
Amber is opgewonde oor Ruan se saak, Lily is bekommerd vir sy veiligheid. Meryl veroorsaak probleme met lojale kliënte. Christine is onder druk as gevolg van ’n krisis.
Donderdag 12 Februarie 2026
Ruan maak ’n deurbraak in sy ondersoek. Hazel is geruk nadat Christine ’n nuwe aanval op haar loods. Patty en Besem beraam ’n plan om Meryl op haar plek te sit.

Maandag 16 Februarie 2026
Iemand hou vir Ruan dop. Junior troos Hazel ná Christine se aanval. Christine is vuur en vlam vir haar nuwe stryd teen die Louws.
Dinsdag 17 Februarie 2026
Ruan ontvang goeie nuus maar daar’s ’n vangplek. Christine beland in ’n konfrontasie wat haar onkant vang. Dinge met Meryl kom tot ’n punt.
Woensdag 18 Februarie 2026
Jasmine prys JP vir sy hulp om die plaas te genees. Junior bak vir Christine ’n poets. Manny praat met Wayne oor Meryl. Vlek se invloed strek tot in Gemoedsdrif.
Donderdag 19 Februarie 2026
Christine voel verslaan, maar weier om die Louws te laat wen. Meryl skiet ’n geluk. Ruan ondervind ’n groot struikelblok in sy saak.
Maandag 23 Februarie 2026
Christine besluit sy’s moeg om haarself jammer te kry. Meryl se rol as Wayne se PA veroorsaak konflik in die gemeente. Vlek se volgende skuif tref Ruan soos ’n vuishou.
Dinsdag 24 Februarie 2026
Ruan lig die Louws in dat Vlek vir Lily gyselaar hou. Gloria sê vir Kevin sy soek vars uitdagings. Christine lê vir Haylee haar nuwe plan uit.
Woensdag 25 Februarie 2026
Ruan bring die gyselaar-situasie tot ’n einde. Lily is erg geruk. Die Louws kry ’n onverwagse gas. Christine kom op met ’n nuwe plan om die Louws aan te val.
Donderdag 26 Februarie 2026
Lily en Ruan probeer ’n nuwe normaal vind ná die Vlek-drama. JP se broer toor met van die familielede. Gloria nader Lolla om haar stalletjie oor te neem.
Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.







