Menu terloops
In Leefstyl & Aktueel [8 Dec 2025]

Depressie het haar aan keel gehad, vertel Amor Vittone in ‘Waar daar ’n wil is’


Die vermaaklikheidster Amor Vittone ontboesem haar hart op vandeesweek se episode van die geselsprogram ‘Waar daar ’n wil is’. Hier is wat jy kan verwag.

Deur Redaksie
Depressie het haar aan keel gehad, vertel Amor Vittone in ‘Waar daar ’n wil is’

Sy lewe al langer as twee dekades tussen waarheid en leuens, op voorblaaie en tussen die geraas van sosiale media. In vandeesweek se episode van Waar daar ’n wil is (9 Desember 2025), maak Amor Vittone haar hart teenoor Lee-Ann van Rooi oop oor al dié uitdagings. “Ek lewe my lewe in liefde. Ek lewe met passie. As jy nie passie het nie, dan het jy niks nie,” sê Amor vroeg in die episode.

Maar om ’n lewe onder die vergrootglas te leef is nie altyd maklik nie. Amor het bekendheid verwerf in verskeie hoedanighede – van Suid-Afrika se eerste Lotto-glansvrou tot sangeres en aktrise. Dan was daar natuurlik haar sprokieshuwelik met die Springbokrugbyspeler Joost van der Westhuizen, die geboorte van hulle twee kinders en toe die baie openbare verbrokkeling van hulle huwelik en Joost se motorneuronsiekte en dood in 2017. 

Amor Vittone, Waar daar 'n wil is
“Ek het verskriklik baie foute gemaak. Baie! Maar ek het dit reggemaak met my Skepper, en ek het nie nodig om verskoning te maak by mense nie. Ek is op ’n veilige plek in my lewe,” het Amor Vittone vir Waar daar ’n wil is se aanbieder, Lee-Ann van Rooi, vertel. Foto’s: Verskaf

Seerste seer

Sy praat openhartig met Lee-Ann oor verskeie aspekte van haar lewe. Ook oor wat haar die heel seerste gemaak het. “Wanneer vertroue gebreek is. Wanneer liefde wat jy gedink het daar is, nie meer daar is nie,” sê sy hieroor. Die ergste was egter om te sien hoe seer haar kinders en haar eie ouers kry te midde van die hele rumoer en geskinder rondom haar en Joost. 

Sy erken sy is nie altyd reg nie. “Ek het verskriklik baie foute gemaak. Baie! Maar ek het dit reggemaak met my Skepper, en ek het nie nodig om verskoning te maak by mense nie. Ek is op ’n veilige plek in my lewe.” 

Joost, wat sy haar groot liefde noem, leef voort in sy kinders – en nie net lyk Jordan baie na sy pa nie, hy én sussie Kylie het van dieselfde gewoontes as hulle pa.  

Ek lewe my lewe in liefde. Ek lewe met passie. As jy nie passie het nie, dan het jy niks nie.

Amor Vittone

Daar is ook oor vergifnis gepraat, en Amor sê: “As jy nie vergewe nie, kan jy nie aanbeweeg nie”. Dit is ook duidelik dat sy ’n ondersteunerstelsel het wat haar staande hou – haar ma, Delyse, suster Lorén en swaer Lennie de Villiers, haar suster Ilana wat in Kanada woon, asook haar goeie vriendin Helena Tarantino. Delyse, Lorén en Helena praat in dié episode. Hulle is al drie baie beskermend teenoor Amor en sal enigiets doen om haar te ondersteun.  

Depressie en angs

Amor vertel ook aan Lee-Ann dat depressie en angs haar veral in 2022 aan die keel gehad het. Met alles wat in haar lewe aangegaan het, het sy begin sukkel om te slaap. Slaappille was aanvanklik vir haar die antwoord, maar later was twee of selfs vier pille nie genoeg nie, en dit het haar gesondheid begin affekteer. Vandag kan sy egter terugkyk na hierdie tyd as net nog ’n hobbel in die pad wat sy oorkom het. 

Wat was die les wat haar die langste gevat het om te leer, was Lee-Ann se laaste vraag. “Om myself te vergewe,” het Amor geantwoord. 


Waar daar ’n wil is, met Amor Vittone as gas, word op 9 Desember 2025 om 21:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die episode sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies