Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, Dikker as water, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien.
Hier is ’n voorsmakie van wat in November op Dikker as water-kykers wag.
Maandag 3 November
Cimen en haar ma argumenteer omdat sy gestraf gaan word oor die skoolgebeure. Sy loop weg van die huis en gaan slaap by Doğa se huis.
Dinsdag 4 November
Pembe was nog nooit ten volle oortuig dat Alev heeltemal onskuldig is terwyl sy vir die familiemaatskappy werk nie. Alev gesels heel openhartig met Abdullah en nooi hom uit vir middagete.
Woensdag 5 November
Alev is steeds ongelukkig oor hoe haar ma haar uitgetrap het, maar Kıvılcım probeer vrede maak tussen die twee. Pembe het gewetenswroegings oor wat sy teenoor Kıvılcım kwytgeraak het
Donderdag 6 November
Doğa bring ’n straathond huis toe en die hele familie is baie ontsteld daaroor. Pembe wil Doğa na haar ginekoloog toe neem omdat dit vir hulle onaanvaarbaar is dat sy ’n man as dokter het.
Maandag 10 November
Kıvılcım word gedagvaar weens haar uitgesprokenheid oor sluiers in ’n winkel. Sy maak verder amok by die ginekoloog omdat Pembe daarop aandring dat Doğa deur ’n vrou ondersoek word.
Dinsdag 11 November
Kıvılcım moet met ’n prokureur konsulteer om sake uit die hof te hou. Kıvılcım se eksman, Kayhan, probeer ’n vervalle ou hotel aan Abdullah se maatskappy verkoop.
Woensdag 12 November
Nilay is baie ongelukkig omdat Abdullah vir haar en Mustafa aanspreek oor die ongemagtigde onttrekking uit die maatskappy se bankrekening. Can gaan soek raad by Omer oor die teenklag wat Kicilcim aanhangig wil maak.
Donderdag 13 November
Kıvılcım steek haar nek uit om ’n ander vrou by te staan, Pembe wil haar kop in ’n gat druk, Doğa maak ’n groot besluit, en Alev sien deur haar suster.
Maandag 17 November
Terwyl Pembe by Alev is, daag Abdullah ook daar op, met blomme in die hand. Dit lei tot ’n misverstand.
Dinsdag 18 November
Pembe is jaloers omdat sy dink Abdullah flankeer met Alev. Kıvılcım stry met Kayhan oor die pligte van ’n vrou in die huwelik en sy sê vir Fatma dat sy nie ’n man in haar lewe nodig het nie.
Woensdag 19 November
Doğa en Fatih laat doen ’n sonar en almal is baie gelukkig dat die baba gesond is. Kayhan beïnvloed Fatih subtiel om die hotel te koop.
Donderdag 20 November
Kıvılcım sien hoe Fatih vir Doğa aan haar arm rondsleep nadat hy uitvind dat sy skelm met haar studies voortgaan. Sy konfronteer hom en dit lei tot ’n onderonsie.
Maandag 24 November
Doğa voel ingehok om saam met ’n godsdienstige ortodokse familie te woon. Sy besluit op haar eie om haar studies aan die universiteit voort te sit en nie vir Fatih te vertel nie.
Dinsdag 25 November
Kıvılcım wil die ouers van die kind wat van die kortlys van kandidate geskrap is, sien voor ʼn finale besluit oor nuwe innames by die skool gemaak word. Die kind se ma is ’n verrassing vir Kıvılcım.
Woensdag 26 November
’n Heerlike ete verander amper in ’n onsmaaklikheid. Kıvılcım maak haar hart oop vir ’n ma en seun. Nursema word aangenaam verras, en Doğa word te ver gedryf.
Donderdag 27 November
Doğa reël ’n verrassingspartytjie vir Fatih wat verjaar. Fatih vertel vir Abdullah dat hy ’n hotel gekoop het, saam met sy skoonpa as vennoot.
Dikker as water begin op Dinsdag 14 Oktober om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dit sal weekliks van Maandae tot Donderdae uitgesaai word.







