Menu terloops
In Sepies [1 Nov 2025]

Ses brandpunte in ‘Suidooster’ hierdie November


Van bedrog en verlies tot nuwe liefde, geloofstoetse en talle onverwagse kinkels – ‘Suidooster’ beloof om kykers vandeesmaand vasgenael voor die kassie te hou. 

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Ses brandpunte in ‘Suidooster’ hierdie November

November bring groot omwentelinge na Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar die kykNET-sepie Suidooster afspeel. 

Hier is ses storielyne waarvoor aanhangers moet uitkyk in Suidooster se verjaarsdagmaand:

1

Wade se klubdroom ontaard in ’n nagmerrie

Wade (Dean Smith) se plan om sy sukkelende kroeg, Brassery, in ’n glansryke klub te omskep, lyk aanvanklik belowend en hy kry selfs vir Early B om te kom optree. Dinge begin egter lelik skeefloop wanneer ’n nuwe bendebaas, Selwyn (Tevin Eagleson), sy “beskermingsdienste” vir Wade aanbied. 

Wat begin het as ’n sake-ooreenkoms verander vinnig in afpersing, geweld en chaos. Zoë (Lauren Joseph) probeer vergeefs om Wade te waarsku, en wanneer dinge buite beheer raak, word hulle verhouding tot breekpunt gedryf. En daar is ’n skokkende nadraai… 

2

Maryam se soeke na vergifnis loop skeef

Daar is weer olie op die vuur wanneer Mymoena (Jill Levenberg) se ouer suster Maryam (Celeste Wannenburg) ’n verrassende onthulling oor wyle AB (Cedric Joel) maak. Dit lei dan tot nuwe konflik tussen die susters. 

Suidooster
Daar’s omtrent net moeilikheid met Maryam (Celeste Wannenburg) in die rondte. Foto’s: Skermgrepe

Maryam trek uit die Samsodien-huis en probeer haar lewe herbou deur by ’n reisagentskap te werk. Mymoena maak, soos in die verlede, weer vrede met haar, maar ou versoekings steek kop uit en kort voor lank raak Maryam se vingers lank. Mymoena se geloof in haar suster word getoets soos nog nooit vantevore nie, en ’n hartverskeurende besluit word geneem.

3

’n Fietsry-droom eindig in tragedie

Wat as ’n gesonde stokperdjie begin het, eindig in tragedie wanneer Riaan (Daniel Coetzee), Gary (Craig Adriaanse), Justin (Eden Classens) en Gary se meisie Lilly (Lascelles Marias) in ’n ongeluk beland. Die voorval eis ’n lewe en laat skuldgevoelens en woede soos ’n storm oor hulle spoel. Riaan verloor beheer oor sy emosies en sy lewe, en sy vriendskappe word behoorlik getoets. 

4

Verbode gevoelens tussen Frankie en Riaan

Frankie (Mienke Ehlers) probeer vir Riaan bystaan in sy donker tyd, maar haar empatie ontaard in iets meer persoonlik as wat sy bedoel het. Wanneer Gary (Craig Adriaanse) dié twee saam sien, broei jaloesie en skinderstories uit wat Frankie en Justin (Eden Classens) se verhouding onder groot druk plaas. 

In die middel van al die chaos besef Frankie en Riaan dat hul ware gevoelens nie maklik weggesteek kan word nie.

5

Nazeem se tweestryd tussen reg en verkeerd

Nazeem (Irvine van der Merwe) worstel met die versoeking om weer betrokke te raak by onderwêreld-bedrywighede. Hy besef egter dat sy toekoms dalk eerder in “eerlike werk” lê. Sy plan om die Royal met plaaslike produkte te vernuwe, kan hom red – of vernietig – afhangende van watter pad hy kies. Sy reis bring broodnodige morele balans na die donker kant van Ruiterbosch.

Suidooster, Nazeem
Nazeem (Irvine van der Merwe) worstel met die versoeking om weer betrokke te raak by onderwêreld-bedrywighede.
6

Jenna, die poetsbakker van Ruiterbosch

Te midde van al die drama sorg ’n nuwe jong gesiggie vir glimlagte én chaos. Die twaalfjarige Jenna (Judi Hattingh) plak “googley”-ogies  oral in die mall as ’n grap. Maar dan word sy deur Aiden (Theodore Jantjies) betrap – en hy word onverwags deur haar ma beïndruk… 


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies