Menu terloops
In Kykgidse [28 Okt 2025]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir November 2025


Tertius raak roekeloos, Thalia neem ’n moeilike besluit en Delia worstel met haar emosies. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Kyk 'Binnelanders' op DStv Stream

Jou ‘Binnelanders’-gids vir November 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.

Maandag 3 November

LJ en Garage Pie veroorsaak wrywing in die Louw/Swart-huishouding, die spanning van Tracy se situasie eis sy tol op Tertius, en Johan en Ella deel ’n geheimsinnige geskiedenis.

Dinsdag 4 November

Amor gee Delia rede om haar nog minder te vertrou, Rentia is geskok deur Tracy se woorde, en Ella maak ’n bekentenis aan Henry. Le Roux word, tot Thalia se ontsteltenis, deel van Garage Pie. 

Woensdag 5 November

Rentia dink nie dit is ’n goeie idee dat Leah vir Tracy sien nie, en Thalia sukkel om die waarheid oor LJ se gevoelens vir haar met Le Roux te deel. Johan besef Ella en Henry is in ’n verhouding.

Donderdag 6 November

Delia raak onrustig wanneer dit lyk of lojaliteite nie lê waar dit moet nie. Tertius en Nicolette bedink ’n nuwe strategie wat hopelik ’n depressiewe pasiënt kan help.

Vrydag 7 November

LJ en Garage Pie maak gereed vir Battle of the Bands, en LJ let op dat Le Roux en Thalia baie verskillend is. Delia sit ’n plan in werking om Amor te vernietig. 

Amor, Binnelanders
Delia sit ’n plan in werking om Amor te vernietig. Foto’s: Skermgrepe

Maandag 10 November

Tertius dwing Uys om hom te vertel wat Tracy gesê het. Le Roux vra LJ se raad oor hoe hy Louis se guns kan wen, en Henry vra Ella uit oor haar geskiedenis met Johan.

Dinsdag 11 November

Le Roux dink nie LJ is enigsins ’n bedreiging nie. Tracy wil-wil na Tertius uitreik. Annetjie trap in Delia se lokval.

Woensdag 12 November

Tracy neem ’n besluit wat Tertius se hart breek. Le Roux en LJ kan maar net nie die strydbyl begrawe nie. Delia dwing Amor om iets onomkeerbaar te doen.

Donderdag 13 November          

At is bekommerd oor Laetitia se gesondheid, en Delia se plan om van Amor ontslae te raak, vang spoed. Die wrywing tussen LJ en Le Roux dreig om handuit te ruk, en Thalia sit haar voet neer.

Vrydag 14 November

Rian moet die harde waarheid oor iemand na aan hom in die gesig staar, en almal wag in spanning vir antwoorde oor Laetitia se gesondheid. Thalia neem ’n groot besluit oor haar persoonlike lewe.

BINNELANDERS, TERTIUS
Tracy neem ’n besluit wat Tertius se hart breek.

Maandag 17 November

LJ wil Thalia ondersteun, maar Uys gee vir hom goeie raad. Hugo breek slegte nuus aan At en Laetitia. Rian besluit om Amor te konfronteer. 

Dinsdag 18 November

Amor deel haar vermoedens oor Delia met Johan, LJ vra Louis of hy vir hom werk kan gee, en At weier om Laetitia se besluit te aanvaar.

Woensdag 19 November

Thalia neem nog ’n moeilike besluit wat LJ heeltemal verras, Laetitia staan haar man teen At, en Delia worstel met haar emosies. Ella lees Johan se gevoelens verkeerd. 

Donderdag 20 November

At doen alles in sy vermoë om seker te maak Laetitia is gemaklik by Conrad se huis. Ella probeer om vriendeliker teenoor Johan te wees, maar hulle bly koppe stamp.

Vrydag 21 November

Leah gee Tertius ’n harde tyd, Rian se privaatspeurder is dringend op iemand se spoor, en Conrad breek groot nuus aan At. 

Maandag 24 November

Conrad rig ’n verrassende versoek aan Delia. Tertius is vasberade om ’n roetiene met Leah vas te lê, en Bonnie is gespanne daaroor om Laetitia te verpleeg.

Dinsdag 25 November

At is bekommerd oor Laetitia se pyn en geestestoestand. Petro en Jess wil hê Thalia moet haar sosiale lewe hervat, en ’n bekende dokter bedank by Binneland. 

Woensdag 26 November

Delia neem ’n besluit en lig Binneland se raad daaroor in, At probeer Laetitia oorreed om ’n rolstoel te gebruik, en Naomi is bekommerd oor Thalia wat gereeld vir Leah moet oppas. 

Donderdag 27 November

At sukkel Om die waarheid oor Laetitia se toestand te aanvaar. Naomi is bekommerd dat Thalia haarself gaan uitbrand. Delia neem ’n finale besluit.

Vrydag 28 November

Almal is keelvol vir Henry se bombastiese gedrag, Tertius se roekelose houding ontstel Nicolette en sy vriende. Delia neem op haar eie manier van Binneland afskeid. 


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-14 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies