Menu terloops
In Sepies [1 Okt 2025]

‘Suidooster’: ’n Oktober propvol (goeie en slegte) verrassings 


Oktober is wel die mooiste maand, maar in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar die kykNET-sepie ‘Suidooster’ afspeel, is dit nie noodwendig ’n kwessie van maanskyn en rose nie…

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

‘Suidooster’: ’n Oktober propvol (goeie en slegte) verrassings 

Daar gaan warrelwinde, en by tye selfs orkane, van intrige, konflik, keerpunte en nuwe geleenthede in vandeesmaand se episodes van Suidooster wees. 

Hier is vyf storielyne wat kykers moet dophou:

1

’n Sterk band ontwikkel

Ná Bianca (Simone Biscombe) se motorongeluk en die onthulling van Brendan (Caleb Arnolds) se hand daarin, kom daar uiteindelik ’n emosionele versoening tussen hom en Bianca. Jare se pyn en vrese word oopgevlek en ’n nuwe hoofstuk begin vir die Thuli-huishouding. 

2

Angie en Tino: meer as net mooi naels en lekker lag

’n Hegte vriendskap is besig om te ontwikkel tussen Angie (Char Carrie) en Tino (Cole Wessels) en die twee is byna onafskeidbaar. Angie moedig Tino aan om sy talent as komediant te omarm en tot sy voordeel aan te wend. Tog dra Tino ’n swaar las: sy sieklike ma en sy dubbele lewe as sekuriteitswag. Kan hy sy sparkle behou terwyl hy al die drade van sy lewe bymekaar probeer trek?

3

’n Huis vol hoop – en spanning

Rhafiek (Irshaad Ally) en Kaashifa (Jawaahier Petersen) koop uiteindelik Mymoena (Jill Levenberg) se huis, maar vir Kaashifa is die vreugde daaroor van korte duur. Sy voel dat sy nooit heeltemal haar eie stempel op die huis kan afdruk terwyl Mymoena nog daar woon nie. En toe Maryam (Celeste Wanneburg), Mymoena se suster, onverwags opdaag, is die gort omtrent gaar.

4

Is Wade se nuwe begin wel nuut, of bring dit net nuwe moeilikheid mee?

Wade (Dean Smith) besluit dis tyd om sy droom van ’n eie kroeg te verwesenlik. Maar met Zoë (Lauren Joseph) as sy silent partner, Elana (Esther van Waltsleben) wat hom in die pad gesteek het, en Nazeem (Irvine van der Merwe) wat snuf in die neus begin kry, loop dinge vinnig skeef. Chaos, DJ-nagte en geheime kuiers laat hom wonder of dit nie dalk eerder die resep vir ’n nagklub is nie. Of is dit eerder ’n wenresep vir ’n mislukking – vir sy toekoms en sy verhouding?

5

Pille, plasebo’s en passie

Gary (Craig Adriaanse) en Frankie (Mienke Ehlers) glo hulle het die voordele van ’n nuwe spierbou-middel ontdek. Dis nou totdat die newe-effekte begin opduik… Maar toe die waarheid uitkom, is dit al die tyd toe net plasebo’s wat hulle laat rondhol het! Intussen kry Gary se liefdeslewe vlerke wanneer hy vir Lilly (Lascelles Marias) ontmoet. Het hy dalk sy trouvrou ontmoet?   


Suidooster, wat vanjaar sy tiende verjaarsdag vier, word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET&Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies