Menu terloops
In Sepies [2 Sep 2025]

Hou dié 5 storielyne in ‘Diepe Waters’ dop in September


September beloof om ’n maand vol emosionele draaie vir ‘Diepe Waters’-kykers te wees. En daar is veral vyf storielyne wat die toon aangee…

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Hou dié 5 storielyne in ‘Diepe Waters’ dop in September

Die Diepe Waters-skrywers neem dié telenovela se kykers op ’n emosionele wipwarit oor die volgende paar weke – kort voor die einde van die derde seisoen einde vandeesmaand. 

Daar is oomblikke van hartseer afsluiting met Bianca se begrafnis, maar dan ook blydskap wanneer Lettie en Henry die groot stap neem om Penny te laat doop. Daar hang egter onheil in die lug met ‘n indringer wat op die dag by die doop ronddwaal. 

Die Viljoen-gesin lok baie aandag en belangstelling, maar dit neem nie lank voor van die Viljoen-kinders se gedrag onder die vergrootglas kom nie. Daar is natuurlik ook gevolge vir hul aksies, wat uiteenlopende reaksie uitlok.  

Diepe Waters
Die Viljoen-gesin het vir Boskruin op hul hoede… Foto: Skermgreep

Dit is egter die einde van die maand – en die einde van seisoen drie van Diepe Waters – wat die grootste opskudding gaan veroorsaak. Net wanneer kykers gereed maak vir ’n gelukkige einde, maak iemand hul hul onverwagse opwagting en dít ontketen meer vrae as wat daar antwoorde te vinde is.

Hier is vyf storielyne om vandeesmaand fyn dop te hou:

1

Bianca se begrafnis

’n Afsluiting wat trane gaan bring, maar ook genesing vir dié wat agterbly.

2

Penny se spesiale dag

Lettie en Henry se besluit om Penny te laat doop, beloof om ’n hoogtepunt van hoop en vreugde te wees. Daar is egter ’n indringer wat daar ronddwaal…

3

Die Viljoen-gesin onder die vergrootglas

Die gesin het skaars hul voete gevind in Boskruin wanneer van die Viljoen-kinders se optrede begin aandag trek en die gevolge is onvermydelik.

4

Tweede kans op liefde?

Alhoewel paadjies kan skei, beteken dit nie dat die liefde nie weer kan seëvier nie. Of is dit ’n geval van stadig oor die klippe?

5

Seisoen drie se grootste skokwending

Seisoen drie eindig met ’n feesviering wat in hartseer en teleurstelling verander nadat iemand hul opwagting op presies die verkeerde tyd en plek maak. 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies