Menu terloops
In Silwerskermfees [23 Aug 2025]

‘Hen’, ‘Nêrens, Noord-Kaap’ maak amper skoonskip by 2025 Silwerskermtoekennings vir Film en TV


Nico Scheepers se aangrypende TV-drama ‘Nêrens, Noord-Kaap’, asook sy ontnugterende sielkundige gruwelprent ‘Hen’, het met die louere weggestap op vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV. 

‘Hen’, ‘Nêrens, Noord-Kaap’ maak amper skoonskip by 2025 Silwerskermtoekennings vir Film en TV

By die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV is Silwerskermbeeldjies uitgedeel aan akteurs, TV-aanbieders en filmmakers met Hen wat die meeste toekennings in die speelfilm-afdeling gewen het, en Nêrens, Noord-Kaap wat weer aan die voorpunt in die TV-afdeling was. Beide is projekte van die storieskepper Nico Scheepers. 

Daar is ook erkenning gegee aan legendes in die vermaaklikheidswêreld. Vroeër die dag by The Bay-hotel, die tuiste van die Silwerskermfees, is die tegniese toekennings wat op feesinhoud fokus, vir vanjaar se films uitgedeel.

KykNET het Leon Schuster, wat al vir vier dekades diep spore in die filmbedryf getrap het, en die veelsydige Vinette Ebrahim, wat veral as sepie-aktrise volksbesit geword het, vir hul lewensbydraes vereer. Marida Swanepoel, onder meer ’n stigterslid van kykNET, is ook gehuldig.

Waldimar Pelser, direkteur: M-Net Premium kanale, sê dat ’n gesonde kykNET nog vir baie, baie jare stories in Afrikaans sal vertel. “Daar is dus ’n blink toekoms vir enigiemand wat as vennote hierdie heerlike raaisel probeer oplos: Wat gaan in die harte en koppe van kykers aan? Wat is dit wat regtig saak maak? Wat sal ons mense laat terugkom vir meer? Ons alleen het nie al die antwoorde nie, en daarom is die vindingrykheid van storievertellers van onskatbare waarde.”

Volgens Waldimar is daar ook talle nuwe tendense wat in vanjaar se films merkbaar was. “Die sielkundige gruwel Hen verskuif grense in tegniek, genre en aanslag – ons kan nie wag om die reaksie van gehore te sien nie,” sê hy.

“Terwyl die vere waai in Hen, waai die klere in Showmax se Khaki Fever. Met Khaki Fever is dit opwindend om te sien hoe stromingsdienste die grense van Afrikaanse vermaak herverbeel.”

Daar is ook by die toekennings onthul dat ’n dokumentêre reeks oor Leon Schuster van 1 Oktober af op kykNET gaan uitsaai, terwyl talle van sy films vanaf September op M-Net gaan wys.

Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV word op Sondag 24 Augustus om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Die wenners in die TV-kategorieë 

Beste hoofspeler in ’n komedie

  • Bianca Flanders – Mince jou hare (S1)

Beste byspeler in ’n komedie

  • Tobie Cronjé – Pronk Primêr (S1)

Beste akteur in ’n drama

  • Frank Opperman – Nêrens, Noord-Kaap (S2)

Beste aktrise in ’n drama

  • Ilse Klink – Nêrens, Noord-Kaap (S2)

Beste manlike byspeler in ’n drama

  • Geon Nel – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
Geon Nel, Nerens Noord-Kaap
Geon Nel het vir sy spel in Nêrens, Noord-Kaap gewen. Foto: Verskaf

Beste vroulike byspeler in ’n drama

  • Daneel van der Walt – Nêrens, Noord-Kaap (S2)

Beste akteur in ’n telenovela of sepie

  • Justin Strydom – Diepe waters (S3)

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie

  • Nadia Valvekens – Diepe waters (S3)

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie

  • Therese Bam – Wyfie (S2)

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie

  • Mila de Villiers – Reënboogrant (S1)
Mila de Villiers in Reenboogrant
Mila de Villiers is vir haar vertolking van Sunette in Reënboogrant as beste nuweling in ’n telenovela of sepie aangewys. Foto: Skermgreep

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

  • Emo Adams – Oppie noot

Beste aanbieder van ’n leefstylprogram (gekombineerd met sommige gesels- en joernaalprogramme)

  • Hannon Bothma – Glam guru

Beste aanbieder van ’n aktuele- of geselsprogram

  • Lourensa Eckard – In gesprek (S9)

Beste aanbieder van ’n realiteitsprogram

  • Bertus Basson & Kobus Botha – Kokkedoor: Vuur & vlam

Beste ensemble-aanbiederspan

  • Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie) – Toks & tjops

Die wenners in die speelfilm-kategorieë: 

Beste draaiboek in ’n speelfilm

  • Nico Scheepers, Hen

Beste oorspronklike klankbaan in ’n speelfilm

  • Tapiwa Musvosvi, The Heart is a Muscle

Beste klankontwerp in ’n speelfilm

  • Tim Pringle, Hen

Beste kinematografie in ’n speelfilm

  • Chris Lotz, Hen

Beste redigering in ’n speelfilm

  • Regardt Botha, Hen

Beste grimering en haarstilering in ’n speelfilm

  • Jolene Cilliers, Hen

Beste kostuumontwerp in ’n speelfilm

  • Sulet Meintjes, Hen

Beste produksieontwerp in ’n speelfilm

  • Sumaya Wicomb, Finding Optel

Beste regie in ’n speelfilm

  • Nico Scheepers, Hen

Beste manlike byspeler in ’n speelfilm

  • Francois Jacobs, Khaki Fever

Beste vroulike byspeler in ’n speelfilm

  • Zandélle Meyer, My f*k, Marelize!

Beste akteur in ’n speelfilm

  • Stian Bam, Hen
Hen, Silwerskermfees, Nico Scheepers
Stian Bam in Hen. Foto: Skermgreep

Beste aktrise in ’n speelfilm

  • Je-ani Swiegelaar, My f*k, Marelize!

Beste speelfilm

  • The Heart is a Muscle

Die wenners in die kortfilm-kategorieë

Beste draaiboek vir ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Anél Wood, Min of meer

Beste regie in ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Cindy Swanepoel, Min of meer

Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Min of meer

Beste kinematografie in ’n kortfilm

  • Chris Lotz, Hier

Beste redigering in ’n kortfilm

  • Regardt Visser, Totsiens, Selina

Beste akteur in ’n kortfilm

  • David Viviers, Hier

Beste aktrise in ’n kortfilm

  • Liezl de Kock, Min of meer
Min of meer, Silwerskermfees
Liezl de Kock in Min of meer. Foto: Verskaf

Beste kortfilm deur ’n gevestigde filmmaker

  • Totsiens, Selina

Die wenners in die dokumentêr-kategorieë:

Beste regie in ’n kort dokumentêr

  • Danielle McDonald, Vet vannie land

Beste redigering in ’n kort dokumentêr

  • Jurg Slabbert, Vet vannie land

Beste kort dokumentêr

  • Vet vannie land
Silwerskermfees 2025
Vet vannie land het met die louere in die kort dokumentêr-afdeling weggestap. Foto: Verskaf

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies