Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Maandag 1 September
Frankie ontdek haar ma in ’n toestand nadat Mike besluit het om nie die troue by te woon nie. Bianca plaas Brendan in die verleentheid tydens haar eerste dag by sy skool, terwyl Shandy iets gaps wat vir iemand baie spesiaal is.
Dinsdag 2 September
Bianca bied aan om Brendan skool toe te vat, terwyl Riaan ’n ou vriendin raakloop. Justin reik uit na Frankie se pa en Lee-Ann se verlore armband word opgespoor.
Woensdag 3 September
Shandy ontvang ’n uitnodiging om by die Samsodiens te eet, terwyl Ilse en Mike nog nader aan mekaar beweeg. Brendan is in afgryse oor die geskenk wat Siya vir Bianca gee…
Donderdag 4 September
Nazeem probeer vir Shandy gerusstel, terwyl Bianca vir Siya moet help met Brendan. Mike wil weer vir Ilse sien …
Vrydag 5 September
Justin wil vir Frankie verras met ’n hond, maar sy vriende dink nie dis ’n goeie idee nie. Mike speel oop kaarte met Ilse, terwyl Shandy besef dat Nazeem nog nie oor Laylla is nie.
Maandag 8 September
Nazeem doen sy bes om sy verhouding met Shandy te red, en Justin betrap amper vir Mike op heterdaad… Daar is gemengde reaksies op die jongste verlowing in Ruiterbosch …
Dinsdag 9 September
Ilse wik en weeg steeds. Die Samsodiens beplan ’n aandjie uit, terwyl Shandy haar wraakplan in aksie sit.
Woensdag 10 September
Bianca sukkel om te fokus op hul geluk as verloofdes, en Justin kry bevestiging dat Mike nie die man is wat Frankie dink hy is nie. Bridgette besef en aanvaar uiteindelik hoe Nazeem oor Shandy voel.
Donderdag 11 September
Bianca en Siya is raadop nadat Brendan vir Stella ontstel het. Justin stem teen sy wil in om nie vir Frankie van Mike se dade te vertel nie, terwyl Shandy sukkel om Della te oortuig om nie by Bridgette se huis in te breek nie.
Vrydag 12 September
Nazeem is vasbeslote om die skurke wat by Bridgette se huis ingebreek het, vas te trek. Brendan praat vir Stella bang, terwyl Justin en Ilse vassit.
Maandag 15 September
Nazeem worstel met die waarheid oor Shandy, terwyl Frankie vir Justin van ontrouheid verdink. Siya is geskok wanneer hy uitvind hoe Brendan oor die troue voel…
Dinsdag 16 September
Nazeem deel die nuus oor Shandy met die Jacobs-familie, terwyl Bianca en Siya twyfel oor hulle planne om te trou. Mike reik uit na Ilse …
Woensdag 17 September
Amanda kry goeie nuus. Ruiterbosch gons oor Siya en Bianca se besluit, terwyl Bridgette uitvind wie Shandy se borg betaal het.
Donderdag 18 September
Nazeem kry ontstellende nuus oor Shandy se situasie. Justin brand om vir Frankie van haar pa se gedrag te vertel, terwyl Siya ’n groot besluit neem nadat hy en Brendan vasgesit het oor Bianca.
Vrydag 19 September
Mike is onseker hoe Amanda na sy onthulling gaan reageer en Bianca se geluk draai uiteindelik. Ruiterbosch se mense hou heerlik makietie, maar gaan die opwinding teen ’n prys kom?
Maandag 22 September
Met Shandy op vlug moet Nazeem groot besluite neem oor sy toekoms, terwyl Mike besluit hy wil oop kaarte met Frankie speel. Bianca en Siya is op ’n wolkie, maar die dag eindig met ’n groot skok.
Dinsdag 23 September
Angie soek ’n assistent om haar werklas minder te maak, terwyl Bianca sukkel om te verwerk hoe Brendan werklik oor haar voel. Frankie is stukkend oor haar pa.
Woensdag 24 September
Frankie maak planne om te vlug, maar nie voor sy wraak geneem het nie. Angie se soektog na ’n assistent duur voort, terwyl Siya sy voet ferm neersit.
Donderdag 25 September
Justin pleit by Mike en Amanda om met Frankie te praat voor sy weggaan uit Ruiterbosch. Brendan sien rooi as Siya sy versoek ignoreer, terwyl Angie en Tino se paaie weer kruis.
Vrydag 26 September
Siya konfronteer vir Brendan oor die video, terwyl Frankie hoop het vir haar ouers se huwelik. Tino daag op vir sy eerste dag by die nail bar …
Maandag 29 September
Tino leer wie is baas by Nail’d It en Frankie maak vrede met haar pa. Siya en Mymoena is bekommerd wanneer Bianca ná ’n vergadering die aand nie huis toe kom nie.
Dinsdag 30 September
Amanda voel verlore, maar Frankie probeer haar in ’n nuwe rigting stuur. Die konflik tussen Angie en Tino bereik kookpunt, terwyl Brendan ’n bom los…
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.







