Menu terloops
In Sepies [1 Aug 2025]

‘Diepe Waters’: Dié 4 storielyne sorg vir groot drama in Augustus


Augustus se episodes van ‘Diepe Waters’ is waarlik ’n wipwarit van gebeure. Daar’s groot verliefdheid, maar ook groot tragedie wat vandeesmaand in dié telenovela afspeel. Hier is vier storielyne wat jy moet dophou.

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

‘Diepe Waters’: Dié 4 storielyne sorg vir groot drama in Augustus

Van liefdesbesluite tot familiedrama en selfs ’n tragiese voorval – die Boskruin-gemeenskap se lewens gaan nooit weer dieselfde wees ná vandeesmaand in Diepe Waters nie.

1

Henry en Lettie is in die sewende hemel met ’n groot droom wat bewaarheid is, maar dan moet hulle die realiteit in die gesig staar en vinnig planne maak. 

2

Karla is verward oor haar gevoelens en moet moeilike besluite neem oor haar toekoms met Arno. 

karla, Diepe Waters
En wat gaan Karla se antwoord wees? Foto’s: Skermgrepe
3

Sanet doen uiteindelik iets wat lankal in haar hart reg voel… Maar dan spring Fourie haar (net betyds) voor!

4

Die maand neem ’n donkerder wending wanneer ’n tragedie almal skok. Sal die waarheid uitkom? Wat gaan die nagevolge daarvan wees?


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies