Hou dié Diepe Waters-storielyne vandeesmaand dop.
Gys en Bianca deel groot nuus
’n Lewensveranderende aankondiging skok die Swarts-familie, met die gevolg dat groot besluite oor die toekoms gemaak moet word.

Lettie se kêffie in finansiële moeilikheid
Lettie worstel om die kêffie te red, maar sy ontvang hulp uit ’n onverwagse oord. Gaan dit haar probleme oplos, of net meer probleme veroorsaak?
Die groot familiebraai wat spanning verhoog
Sanet organiseer ’n braai wat almal se geduld op die proef stel. Wat bedoel was om die familie te herenig, het moontlik net meer verdeeldheid veroorsaak…
Lucas se nuwe uitdagings en planne
Lucas het groot ambisies en planne, maar dit beteken ook dat hy groot besluite moet neem. Gaan hy sy drome najaag en sodoende groot opofferings maak?
’n Bekende keer terug na Boskruin
Iemand is terug in Boskruin en party is meer opgewonde om die persoon te sien as ander. Wat gaan die terugkeer vir die liefde beteken?
Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.







