Menu terloops
In Sepies [29 Jun 2025]

Sepievoorskou: Soene én versoening in ‘Suidooster’, ‘Skemergrond’


Die (verkeerde) liefde bedreig van ons gunsteling-karakters dié week, terwyl versoening nie vir alle vyande beskore is nie… Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama en intrige wat vandeesweek op kykers wag. 

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Soene én versoening in ‘Suidooster’, ‘Skemergrond’

Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (30 Junie tot 4 Julie) in Skemergrond, Binnelanders en Suidooster kan uitsien.

Binnelanders

Vroue mag dalk in die werklike lewe vir Bobby van Jaarsveld se sjarme val en verlore raak in sy blou oë, maar in Binneland se gange krap sy karakter Michael almal om. Ongelukkig wil Nicolette (Kate Roothman) nie na hul waarskuwings luister nie. Dit gaan my verstand te bowe, veral na DAAI voorval… As Danie (Arno Marais) net ’n minuut later daar aangekom het, het ons dié week ’n hele ander toneel gekyk. Dit laat die hare op my arms sommer regop staan. 

Maar ná ’n ander onthulling dié week lyk dit asof Rian (Erik Holm) in dieselfde bootjie as Nicolette is, want dié het ook weer vir die verkeerde meisie geval. Maar dalk is dit presies wat Binneland nou nodig het om die skip om te draai. Kom ons kyk of Rian se sjarme ’n bose vrou se hart kan versag.

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Suidooster

So gepraat van bose mense wat skielik ’n hart onder al hul haat ontdek… Die skindertonge klap hierdie week behoorlik in Ruiterbosch nadat vyande hande vat en op ’n grand manier die strydbyl begrawe. Ek sou ook saam geskinder het as ek in Ruiterbosch gewoon het, want dit wys mens net dat wonderwerke nog daagliks gebeur. Dít is die laaste ding wat ek in 2025 verwag het! Maar kom ons kyk hoe lank dié vrede hou. 

Intussen het Fiekie (Irshaad Ally) tyd nodig om oor sy gekneusde ego te kom. Ouch! Ek het nie geweet waar om my kop te sit tydens daardie gesprek nie – dít is beslis nie hoe ek dit sien uitspeel het nie. 

Maar lyk my alles in Ruiterbosch is onvoorspelbaar dié week, want ek het ook nie daai juicy soen voor Oos-Wes verwag nie… Maar julle sal maar self moet inskakel om te sien wie nou aan mekaar se lippe hang!

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Skemergrond

Een gemeente wat beslis nie onvoorspelbaar is nie, is die Gemoedsdrift-inwoners! Ek het nie geweet hoe ons daar gaan uitkom nie, maar ek het geweet Gemoedsdrift se mense maak altyd ’n plan. Dinge het toe presies uitgewerk soos wat ek gehoop het! Maar hoor my lied: julle gaan dié week se episodes nie wil misloop nie. Dít is mos hoe ’n mens ’n tweede seisoen afskop! Daar’s drama, intrige, bekgevegte en ’n gemeenskap wat saamstaan – al die dinge wat Skemergrond so lekker maak. 

Boonop is Amber (Talia Davis) die treffendste blom in Everlasting se rangskikking dié week… 

Ongelukkig is daar ook mense wat glad nie ooghare vir mekaar het nie. Twee is vroue en twee is mans, maar dit blyk daar is net versoening vir sommiges karakters op die horison. 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies