Menu terloops
In How-to's [13 Sep 2021]

Streaming 101: Alles wat jy moet weet


Of jy nou na die nuutste treffers wil luister, ’n fliek of reeks wil kyk wanneer en waar jy wil – en sonder enige advertensies – is streaming die antwoord. En deesdae is daar heelwat platforms om van te kies.

Streaming 101: Alles wat jy moet weet

Of jy nou na die nuutste treffers wil luister, ’n fliek of reeks wil kyk wanneer en waar jy wil (en sonder enige advertensies) is streaming die antwoord. En deesdae is daar heelwat platforms om van te kies.

Hier is wat nodig is om weg te spring.  

Wat het jy nodig?

’n Goeie internetkonneksie! Al laat meeste platforms jou toe om inhoud af te laai om later te kyk of te luister en jy die gehalte daarvan self kan stel, het jy nogtans genoeg breëband nodig. Jy gaan of ’n onbeperkte-konneksie nodig hê, hetsy jy ADSL, fibre of LTE gebruik, of ’n gróót data-toelaag – afhangend natuurlik van jou kykgewoontes.

Hoewel fibre reeds in verskeie buurte in Suid-Afrika beskikbaar is, is daar steeds plekke wat dit nie het nie. Met ADSL is ’n 4Mbps-konneksie gewoonlik genoeg vir musiek en videos, maar 10Mbps is beter (en vinniger) as jy hoë-definisie -inhoud wil kyk.

Nog ‘n opsie is internetverskaffers wat LTE-produkte aanbied wat dieselfde netwerke as jou selfoon gebruik en verskeie toestelle – soos jou selfoon en rekenaar – kan koppel. Jy kan ook jou selfoon se data gebruik, maar dit kan baie vinnig, baie duur raak.

Kies jou toetstel: Wat kan jy alles gebruik?

Meeste dienste laat jou toe om via apps vir fone, tablette en slim-TV’s te stream. Indien jy nie ‘n slim-TV het nie, maar wel ‘n HDMI-port, kan jy jou rekenaar só koppel, of toestelle soos Google Chromecast en Apple TV gebruik. Indien jy speletjies op TV speel, sal sommige van die nuwer Xbox- en PlayStation-konsole ook gebruik kan word.

Kies jou verskaffer: Watter stroomdiens moet ek kies?

Dit hang alles af van wat jy wil kyk en luister. Al die grootnaam-dienste bied ‘n gratis toetslopie aan. Jy kan dus eers die waters toets voor jy die maandelikse intekening begin betaal.

Videodienste is sowat R100 per maand afhangend van hoeveel toestelle daaraan gekoppel word.

Die groot name sluit in Showmax, Netflix, DStv Online, en Amazon Prime Video. Showmax bied van die beste oorspronklike plaaslike inhoud, bekroonde HBO-reekse en ‘n groot katalogus flieks en kinderprogramme, terwyl Netflix en Amazon ook verskeie oorspronklike flieks en reekse het.

Wenke vir diensverskaffers

Soos met meeste dinge in die lewe, is dit die moeite werd om al jou opsies te ondersoek voor jy op ’n diensverskaffer besluit. Begin deur uit te vind wie die beste diens in jou woonbuurt of area bied.

Vergelyk byvoorbeeld die pakkette van onder meer Afrihost, MWEB, Vox, Telkom, Cell C, Vodacom en MTN. Kyk na goed soos hoe lank die kontrak is en let op die fynskrif, veral wanneer dit ‘n nuwe diens is en jy die installasie, modem en ander hardeware ingesluit verkies. Indien jy kan, kyk of jy ‘n maand-tot-maand-pakket kan kry wat jou sal toelaat om te skuif indien jy elders ‘n beter aanbod kry.  

Met streaming is daar minder om oor bekommerd te wees as met internetverskaffers. Meeste dienste bied ’n gratis toetsperiode aan en jy sal dus ’n kans kry om te besluit voor jy die kontrak teken.

Kyk na die opsie om inhoud af te laai wanneer jy jou die platform kies. Dit sal beteken dat jy inhoud kan kyk of luister selfs wanneer jy nie aan die internet gekoppel is nie – soos wanneer jy reis, of as jy van openbare vervoer gebruik maak en jy graag net stilletjies met jou masker en jou oorfone wil kyk wat wie nou weer in Suidooster aangevang het.

Hoekom streaming?

Dit laat jou nie net toe om toegang tot méér inhoud te kry nie, dit laat jou ook toe om toegang tot splinternuwe reekse te kry en nie jarre daarvoor hoef te wag nie…of jou tot effense minder wettige kyk-metodes te wend nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies