Menu terloops

4 Mure

Op Showmax [Gepubliseer op 6 Sep 2021]


Die kykNET-reeks 4 Mure vergroot die ril-en-gril-faktor op Showmax.

Kyk nou

4 Mure
Kyk lokprent

4 Mure herinner aan die wetenskapfiksie-rillerreeks Room 104…dalk selfs ’n bietjie te veel.

Terwyl Room 104 vreemde verhale oor die gebeure in kamer 104 van ’n lughawe-hotel vertel, handel 4 Mure eerder oor die Hotel 4M se nuuskierige skoonmaker, kelner en ontvangspersoon, Marcelina (Lida Botha).

In elke episode word daar by die hotel se nuwe gaste gespook. Kamer 7 is waar die euwels afspeel, met die stories wat tussen die hede en verlede spring. 

Die draaiboek en kinematografie is onheilspellend. Dit is immers geskep, geskryf en vervaardig deur Tertius Kapp wat ook vir die ysingswekkende reeks, Die Spreeus, verantwoordelik is.

Kyk dit op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies