Menu terloops
In Lysie-lysie [15 Des 2022]

20+ Kersfeesflieks vir die hele gesin


Van Kersvader wat die heelal moet red tot mense met gebroke harte wat nuwe liefde vind – hier is meer as 20 Kersfeesflieks om aanlyn te kyk.

Deur Watkykjy
20+ Kersfeesflieks vir die hele gesin

Ek wens hierdie jaar nog meer as ooit tevore dat Kersvader regtig bestaan het en dat ons as grootmense vir hom briefies Noordpool toe kon pos. Die meeste volwassenes se briefies sou min of meer só daarna uitgesien het:

“Liefste Kersvader,
Hierdie is seker die eerste keer in meer as 30 jaar wat ek vir jou skryf. Ek hoop dinge loop lekker daar by jou en dan jy en die elfies een of ander noodplan in plek gestel het vir
global warming sodat julle nie wegspoel as daai pawpaw die fan tref nie.
Afgesien van die feit dat ek nie tolgeld betaal nie, en soms laataand oor rooi verkeersligte ry, was ek relatief soet gewees. Ek werk my gat af, ek betaal belasting en ek eet altyd al my kos op omdat ek nou self daarvoor moet betaal. Ek was ook deesdae my hande omtrent 150 keer per dag.
Al wat ek graag vir Kersfees wil hê, is vir die krag om aan te bly. Jy het ons adres. Ek sal vir jou
gluten free-koekies en sojamelk bo-op die inverter los.
Groete vir Mary en die res van die span en mag die voorspoed julle verveel!
xxx 
Hennie en Sandra van Kommetjie”

Daar sou ’n verdere voordeel wees, sou Kersvader werklik bestaan: as die Eskom-werkers minder stout was vanjaar, sou hulle steenkool present gekry het. Maar sien jy nou… 

Iemand, stuur asseblief hierdie kief idees aan vir Tertius Kapp sodat hy dit in ’n fliek kan verander met Melt Sieberhagen as Kersvader! Terwyl ons vir hulle wag om dit in ’n draaiboek te verander, het ek ’n lys Kersfeesflieks saamgestel wat ons solank op Showmax kan stroom.

1

As ’n ontevrede elf deur Kersvader van die speelgoed-span afgeskop word, besluit sy om wraak te neem en die Noordpool oor te neem, ’n staking te reël, mev. Claus te ontvoer en die horlosie terug te draai om Kersvader te “De-Santa-ize” – ’n proses wat hom met elke minuut, jonger maak. Dis ’n redelike gemors met Oukersaand net om die draai en Kersvader wat skielik ’n tiener is. Sy enigste uitweg om Kersfees te red, is om kragte saam te span met ’n lojale elfie genaamd Lovey, asook ’n dogtertjie met ’n spesiale towersleutel.  

2

Never Kiss A Man In A Christmas Sweater

Jy kry nie ’n film meer heilsaam as ’n krismisfliek wat deur Hallmark spesiaal vir TV vervaardig is nie. Kyk, jy moet in die regte bui wees vir hierdie tipe films, so ’n reënerige dag met ’n hot chocolate sal dalk net die ding doen.
Maggie O’Donnell, ’n graad 2-juffrou wat al vir twee jaar geskei is, spandeer die meeste van haar tyd deur dit aan haar gemeenskap te wei. Die res van haar tyd word opgeneem deur haar tienerdogter, Ellen, en sy kry nie kans om dinge te doen waarvan sy hou nie. Ellen moet by haar pa en dié se nuwe vrou gaan kuier en dit lyk of Maggie ’n alleen-Kersfees gaan hê. Dan kruis haar pad met ’n vreemdeling, Lucas Cavelli, wat ’n onverwagte huisgas word. Saam trotseer hulle Kersfees en vind troos in hul groeiende band. Ag, julle!

3

Santa Saves the Universe 

As daar kinders of aaptwak in die huis is, kan jy jouself gesellig voor die TV instel. As beide gelyktydig teenwoordig is, moenie die twee meng nie. Dis net ’n grappie, hoor – grootmense kan animasie geniet sonder omkyk-oregano.
Dit is Kerstyd en Kersvader het sopas sy wêreldwye aflewerings afgehandel. Dan gebeur die ondenkbare – sy betroubare takbok, Marshmallow, het ’n hele planeet vergeet! Stoute takbok! 

4

Christmas On The Menu

’n Topklas sjef, Josie, gaan huis toe vir die vakansie en skep ’n spesiale kerfeesmenu vir haar ma se nuwe bed & brekfis-restaurant, waar sy vir Tanner raakloop. Tanner is ’n wydbekende kosresensent wat ’n spul onvleiende dinge oor haar bakkery in ’n resensie kwytgeraak het. Soos hierdie movies maar loop, begin daar ’n vakansieromanse tussen die twee blom, net betyds vir Kersfees! Hoe’s daai Hallmark-hart van jou? Klop dit al baby tjoklits?

5

Charity, ’n pragmatiese en ambisieuse verslaggewer, leer wat die ware betekenis van Kersfees is as sy ondersoek instel na ene Erik Gallagher. Eric is ’n bekoorlike en aantreklike miljoenêr wat vas glo dat al die geskenke wat hy elke jaar op Kersfees ontvang, van niemand anders as Kersvader homself kom nie. Is die ou koekoes?   

6

The Santa Box 

Kallie glo vas dat sy vir die agfelope vyf jaar lank deur Kersfees vervloek is. Vir vyf jaar lank al, gebeur daar immers net goor goed met haar op dié sogenaamde blye dag. Dit is dan totdat sy een dag The Santa Box op haar drumpel kry, oopmaak en ’n briefie ontdek wat haar gevoelens oor die feestyd onherroeplik verander. 

7

Greyson Family Christmas 

Wat van ’n goeie ou made-for-TV-gesinsfliek, wat steeds ’n topgradering het? Maya is ’n liberale regstudent en bring haar nuwe kêrel vir Kersfees terug huis toe. Haar familie is bewus van die nuwe man in haar lewe, maar wat hulle nie weet nie, is dat die outjie wit is. As jy ’n Steve Hofmeyr-tipe is, gaan jou aorta moontlik in ’n knoop trek. Vir die res van julle – dis ’n topklasfilm vir die hele gesin!

Fatman

Jy gaan die kinders bed toe moet stuur as jy hierdie donker komedie wil kyk, want dit is ernstige R-rated-kerssake met Oscar-wenner, Mel Gibson. Hy vertolk die rol van ’n luidrugtige, onortodokse Kersvader wat met alles in hom moet baklei om sy sinkende besigheid te red. Om dinge te vererger, kry hy te doen met ’n bedorwe voorbarige en verwaarloosde rykmanskind wat ’n sluipmoodenaeer huur om hom te vermoor. Die rede hiervoor? Sy eie gedrag het daarvoor gesorg dat Kersvader vir hom ’n stuk steenkool in sy kerskous gelos het. Daar skop loadshedding stage 5 nou wragtig toevallig in!  ’N Mens mag nie eens steenkool noem nie!
Dit is een van die absurdste flieks ooit en Mel Gibson homself reken dit as een van die vreemdste rolle wat hy al vertolk het.

Onthou: Jy kan jou vermaak saam met jou op vakansie neem of loadshedding omseil waar ook al jy jouself bevind deur jou gunsteling-reeks en -flieks te download en te kyk net wanneer jy wil. Hier’s hoe.

Hier is nog krimisflieks vir jou en die hele familie: 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies