Menu terloops

World on Fire S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 20 Des 2023]


Dit is nou wel vier jaar ná die bekroonde eerste seisoen uitgesaai is (dankie, Covid-19!), maar ‘World on Fire’ is terug vir ’n tweede seisoen op Showmax.

World on Fire S1-2

World on Fire se vertelling draai om die Tweede Wêreldoorlog met die tweede seisoen wat tussen 1940 en 1941 afspeel. Dit storie neem ons dus na die oorloggeteisterde strate van Brittanje en die begin van die Blitz-aanval in Manchester, tot diep in Nazi-Duitsland, die weerstand binne besette Frankryk en die dorre Noord-Afrika woestyn. 

Hoewel die reeks ’n groot ensemble-rolverdeling het, is dit veral Jonah Hauer-King en die Oscar-benoemde Lesley Manville wat uitstaan. 

Die tweede seisoen het ook 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met The Guardian wat dit as “totaal en al aangrypend” beskryf. Hul 4-ster-resensie lui: “Hierdie uiters ambisieuse poging om die oorlog deur die lewens van gewone mense te wys, het ’n onberispelike begrip van spanning en karakter. Om dit te kyk, is om ten volle in hierdie mense se lot te belê.”

Albei seisoene van World on Fire is op Showmax beskikbaar om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies