Menu terloops

World on Fire S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 20 Des 2023]


Dit is nou wel vier jaar ná die bekroonde eerste seisoen uitgesaai is (dankie, Covid-19!), maar ‘World on Fire’ is terug vir ’n tweede seisoen op Showmax.

World on Fire S1-2

World on Fire se vertelling draai om die Tweede Wêreldoorlog met die tweede seisoen wat tussen 1940 en 1941 afspeel. Dit storie neem ons dus na die oorloggeteisterde strate van Brittanje en die begin van die Blitz-aanval in Manchester, tot diep in Nazi-Duitsland, die weerstand binne besette Frankryk en die dorre Noord-Afrika woestyn. 

Hoewel die reeks ’n groot ensemble-rolverdeling het, is dit veral Jonah Hauer-King en die Oscar-benoemde Lesley Manville wat uitstaan. 

Die tweede seisoen het ook 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met The Guardian wat dit as “totaal en al aangrypend” beskryf. Hul 4-ster-resensie lui: “Hierdie uiters ambisieuse poging om die oorlog deur die lewens van gewone mense te wys, het ’n onberispelike begrip van spanning en karakter. Om dit te kyk, is om ten volle in hierdie mense se lot te belê.”

Albei seisoene van World on Fire is op Showmax beskikbaar om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies