Menu terloops

The Righteous Gemstones S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 24 Mar 2025]


Die lag-uit-jou-maag-uit-lekker komediereeks, ‘The Righteous Gemstones’, se vierde seisoen is nou ook op Showmax beskikbaar om te stroom.

Kyk nou

The Righteous Gemstones S1-4

Dié heerlike reeks se vierde seisoen is dan ook sy laaste. In The Righteous Gemstones, preek en bid en doen die mega-beroemde televangelist-familie, die Gemstones, liefdadigheidswerk like it’s nobody’s business… Als terwyl hulle eintlik hul bediening gebruik om hulself te verryk.

Practice what you preach nie? Ha! Dis heerlik snaaks, terwyl dit ook dien as sosiale kommentaar op die berugte verskynsel van TV-predikers. 

Volgens die reeks se skepper en ster, Danny McBride, kan aanhangers van hierdie satiriese juweel ’n wilde wipwarit met etlike kinkels verwag soos die Gemstones se disfunskionele shenanigans ’n hoogtepunt in die laaste seisoen bereik. 

Ook in die rolverdeling tel The White Lotus se Walton Goggins, Adam Devine (Pitch Perfect), en John Goodman (Roseanne).


Kyk al vier seisoene van The Righteous Gemstones op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies