Menu terloops

The Righteous Gemstones S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 24 Mar 2025]


Die lag-uit-jou-maag-uit-lekker komediereeks, ‘The Righteous Gemstones’, se vierde seisoen is nou ook op Showmax beskikbaar om te stroom.

Kyk nou

The Righteous Gemstones S1-4

Dié heerlike reeks se vierde seisoen is dan ook sy laaste. In The Righteous Gemstones, preek en bid en doen die mega-beroemde televangelist-familie, die Gemstones, liefdadigheidswerk like it’s nobody’s business… Als terwyl hulle eintlik hul bediening gebruik om hulself te verryk.

Practice what you preach nie? Ha! Dis heerlik snaaks, terwyl dit ook dien as sosiale kommentaar op die berugte verskynsel van TV-predikers. 

Volgens die reeks se skepper en ster, Danny McBride, kan aanhangers van hierdie satiriese juweel ’n wilde wipwarit met etlike kinkels verwag soos die Gemstones se disfunskionele shenanigans ’n hoogtepunt in die laaste seisoen bereik. 

Ook in die rolverdeling tel The White Lotus se Walton Goggins, Adam Devine (Pitch Perfect), en John Goodman (Roseanne).


Kyk al vier seisoene van The Righteous Gemstones op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies