Menu terloops
In Sepies [1 Jul 2026]

‘Suidooster’: Stormagtige tye wag op kykers


’n Yskoue front van drama tref ‘Suidooster’ in Julie met die een storm ná die ander wat Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar dié kykNET-sepie afspeel, teister. 

Deur Redaksie
‘Suidooster’: Stormagtige tye wag op kykers

Brose verhoudings en gemene spel tot familieskokke, nuwe hoofstukke en verkeerde besluite gaan aan die orde van chaotiese dae wees in Suidooster vandeesmaand. 

Kykers moet veral uitkyk vir dié ses storielyne in die komende weke:

1

Wade, Zoë en Angie bereik breekpunt

Suidooster, Wade en Zoe
Zoë begin ook al hoe meer onseker voel oor waar sy presies inpas in Wade se lewe. Foto’s: Skermgrepe

Wade (Dean Smith) en Zoë (Lauren Joseph) probeer hard om hul verhouding te laat werk, maar weens Angie (Char Carrie) se swangerskap is dit makliker gesê as gedaan. ’n Doktersafspraak ontaard in ’n bron van konflik en ’n sosiale media-storm gooi net nog olie op die vuur. 

Wanneer Angie boonop in die hospitaal beland, spat die brose vrede tussen die drietal uitmekaar. Wade worstel met die situasie, want hoe balanseer hy die liefde vir die vrou met wie hy die res van sy lewe wil spandeer teenoor sy kind wat hy wil beskerm. 

Zoë begin ook al hoe meer onseker voel oor waar sy presies inpas in Wade se lewe en of dit die moeite werd is om daarvoor te veg. 

2

’n Bitter pil vir Ruiterbosch

Ava (Simone Neethling) is vasbeslote om die nuwe eienaar van die Aalwyn Apteek te word, maar dit begin duidelik blyk dat sy bereid is om enigiets te doen om dié droom te bewaarheid. 

Dit dryf haar al dieper in gevaarlike waters – en Nazeem (Irvine van der Merwe) is soos gewoonlik nooit ver van verskuilde agendas af nie. Mymoena (Jill Levenberg) begin sterk vermoed dat daar ’n slang in die gras is en die risiko’s wat opduik, raak net al hoe groter. Dan gebeur daar iets ondenkbaar wat die hele gemeenskap tot in hul diepste skok – en skielik lyk dinge baie anders in Ruiterbosch. 

Suidooster
Ava (Simone Neethling) is vasbeslote om die nuwe eienaar van die Aalwyn Apteek te word.
3

Bianca en Rhafiek se vete 

Die spanning tussen Bianca (Simone Biscombe) en haar boet, Rhafiek (Irshaad Ally), bou al ’n ruk op, maar in die komende weke bereik die konflik ’n breekpunt. Siya (Gantane Kusch) probeer kliphard om vrede in die familie te bewerkstelling, maar broer en suster is net te hardkoppig, seergemaak én te trots om skuld te erken. 

Kan hierdie familie tog wel ’n manier vind om hierdeur te werk, of is die skade dalk reeds te groot?

4

Frankie se toekoms raak ingewikkeld

Suidooster, Frankie

Frankie (Mienke Ehlers) moet besluite oor haar toekoms neem wanneer ’n nuwe geleentheid by Oos Wes oor haar pad kom. Pa Mike (Anrich Herbst) wil help, maar sy goeie bedoelings word as inmenging gesien. Frankie speel boonop nie oop kaarte oor wat werklik met haar aan die gang is nie. Eintlik is sy dalk onwetend op ’n missie van selfondersoek en besig om te herbesin oor haar lewe terwyl sy in die proses probeer om almal rondom haar gelukkig te hou. 

5

Die verlede haal Kate in

Kate (Annelisa Weiland) se familiegeskiedenis lei haar na vrae wat sy nooit gedink het sy sou moes vra nie. Wat aanvanklik met bloot doodgewone nuuskierigheid begin het oor waar ’n mens se wortels gesetel is, raak baie gou iets veel dieper. 

Ou foto’s, herinneringe en ’n senutergende vermoede stuur haar op ’n uitmergelende reis na die waarheid. Kate vasbeslote om antwoorde te kry – selfs al hou dit verreikende gevolge in vir almal wat sy liefhet. 

6

Zahra se koms bring moeilikheid

Zahra (Caitlyn Haywood), ’n familielid van Kaashifa (Jawaahier Petersen) se aankoms in Ruiterbosch veroorsaak sommer van die begin af probleme. Rhafiek (Irshaad Ally) is kort voor lank nie in sy noppies met haar nie en Lee-Ann (Portia Joel) wantrou boonop haar bedoelings met Carlo (Jadon Booysen). Dit blyk sommer gou dat Zahra dalk nie so onskuldig is soos sy voorgee om te wees nie, en kort voor lank is die gort behoorlik gaar. 


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en om 18:30 op kykNET & Kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies