Menu terloops

Spooksoeker S1

Op Showmax [Gepubliseer op 9 Des 2024]


Rico Immelman het sy eerste hoofrol in ’n TV-reeks losgeslaan as Warno Alberts in die Showmax-tienerreeks, ‘Spooksoeker’.

Stroom op Showmax

Spooksoeker S1

Spooksoeker is gegrond op die veelbekroonde skrywer François Bloemhof se topverkoperboeke vir jong volwassenes, en volg die storie van Warno Alberts (Rico Immelman), wat met sy vyftiende verjaardag skielik van spoke in sy dorpie bewus raak… En dan besef dat hy die een is wat van hulle moet ontslae raak. 

Zarelda de Bruin is te sien in haar eerste TV-rol as die girl-next-door Melissa. Joshwin Dyson, wat met sy uithalerspel in Old Righteous Blues, beïndruk het, speel Warno se beste vriend, Allies.

Die res van die rolverdeling lees soos ’n droom: Roeline Daneel, Laudo Liebenberg, June van Merch, Morné Visser, Daneel van der Walt, David Isaacs, Deon Coetzee, Ira Blanckenberg, Ivan Zimmerman, Izel Bezuidenhout, Jane de Wet, Terence Bridgett, Marguerite van Eeden en Waldemar Schultz maak almal verskynings in die reeks – sommige as spoke…

Die Starscape Motion Pictures-produksiespan het ’n ewe sterbelaaide reeks agter die kamera saamgestel. Dié span sluit in die regisseur Jan-Hendrik Burger (Edik van Nantes), SXSW Zeiss Cinematography Award-wenner Jorrie van der Walt (Gaia) en Safta-bekroonde komponis Daniel Eppel (Steinheist). Safta-wenners Franci van den Heeven (Fynskrif, Die Byl) en Pippa Heimann (Suidooster) was vir onderskeidelik die produksie- en kostuumontwerp verantwoordelik. 

Die VFX (visuele effekte) word deur Fox and Wizard behartig, met dié span wat deur Jonathan Alenskas gelei word. Alenskas is vir ’n Visual Effects Society-toekenning vir sy werk op Warrior benoem.


Stroom Spooksoeker S1 op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies