Menu terloops

Spooksoeker S1

Op Showmax [Gepubliseer op 9 Des 2024]


Rico Immelman het sy eerste hoofrol in ’n TV-reeks losgeslaan as Warno Alberts in die Showmax-tienerreeks, ‘Spooksoeker’.

Stroom op Showmax

Spooksoeker S1

Spooksoeker is gegrond op die veelbekroonde skrywer François Bloemhof se topverkoperboeke vir jong volwassenes, en volg die storie van Warno Alberts (Rico Immelman), wat met sy vyftiende verjaardag skielik van spoke in sy dorpie bewus raak… En dan besef dat hy die een is wat van hulle moet ontslae raak. 

Zarelda de Bruin is te sien in haar eerste TV-rol as die girl-next-door Melissa. Joshwin Dyson, wat met sy uithalerspel in Old Righteous Blues, beïndruk het, speel Warno se beste vriend, Allies.

Die res van die rolverdeling lees soos ’n droom: Roeline Daneel, Laudo Liebenberg, June van Merch, Morné Visser, Daneel van der Walt, David Isaacs, Deon Coetzee, Ira Blanckenberg, Ivan Zimmerman, Izel Bezuidenhout, Jane de Wet, Terence Bridgett, Marguerite van Eeden en Waldemar Schultz maak almal verskynings in die reeks – sommige as spoke…

Die Starscape Motion Pictures-produksiespan het ’n ewe sterbelaaide reeks agter die kamera saamgestel. Dié span sluit in die regisseur Jan-Hendrik Burger (Edik van Nantes), SXSW Zeiss Cinematography Award-wenner Jorrie van der Walt (Gaia) en Safta-bekroonde komponis Daniel Eppel (Steinheist). Safta-wenners Franci van den Heeven (Fynskrif, Die Byl) en Pippa Heimann (Suidooster) was vir onderskeidelik die produksie- en kostuumontwerp verantwoordelik. 

Die VFX (visuele effekte) word deur Fox and Wizard behartig, met dié span wat deur Jonathan Alenskas gelei word. Alenskas is vir ’n Visual Effects Society-toekenning vir sy werk op Warrior benoem.


Stroom Spooksoeker S1 op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies