Menu terloops

Poker Face S1

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Des 2023]


Die Emmy-benoemde aktrise Natasha Lyonne, veral bekend vir haar briljante spel in Russian Doll en Orange Is The New Black, speel ene Charlie Cale in die Oscar-benoemde Rian Johnson se raaiselreeks, ‘Poker Face’.

Poker Face S1

In Poker Face, bestaande uit tien episodes, beskik Lyonne se karakter oor die buitengewone vermoë om vas te stel as iemand lieg. Ná een van Charlie se vriende vermoor word, vat sy die pad en oral waar sy met haar Plymouth Barracuda stop, is daar (heel toevallig…) ’n nuwe raaisel om op te los.

Onder die ander spelers tel Adrien Brody, Joseph Gordon-Levitt, Chloë Sevigny, Jameela Jamil, Cherry Jones, Stephanie Hsu en nog.

Poker Face is reeds vir ’n tweede seisoen hernu. Ook nie te versmaai nie is die reeks se 98% op Rotten Tomatoes, die glowing resensies en die vir Emmy-benoemings wat dit ontvang het – onder meer vir beste aktrise vir Lyonne se begeesterde spel. 

Ed Power van die Daily Telegraph (UK) skryf só daaroor in sy resensie: “Dit is aangrypend, gruwelik wanneer dit moet wees, en Lyonne is sjarme op ’n stokkie.” 

Entertainment Weekly se Darren Franich was dit ook eens dat Poker Face selfs as die “beste misdaadreeks van die jaar” beskou kan word met ’n rits ander resensente wat meen dié reeks herinner sterk aan die beste dele van die ikoniese reeks, Columbo

Vanaf Maandag, 11 Desember 2023, op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies